Lando bring Shinima-geskiedenis na Simon-geveg

Boks
Die besoekende Angolees het 'n appeltjie te skil.
Nikanor Nangolo
Die 25-jarige weltergewig Harry Simon Junior, met ’n beroepsrekord van 20 oorwinnings en een nederlaag, sê hy het hard geoefen vir sy geveg teen Henrique Lando van Angola.

Die twee vegters sal die hooftrekpleisters wees vir die geleentheid wat Onkugo Promosies Saterdagaand by die Jan Wilken binnenshuise sportkompleks op Walvisbaai aanbied.

Simon het dié week aan die koerant gesê: “Ek was aan die voorberei om op 24 November teen Freddy Kiwitt van Duitsland om die WBF-wêreldtitel te gaan veg, maar weens ’n paar tegniese aspekte het die geveg nie gerealiseer nie.

“Ten spyte van die hartseer terugslag het ons in die gimnasium gefokus gebly en hierdie geleentheid het na ons kant toe gekom. Ons is meer as gereed daarvoor.”

Oor die komende ontmoeting het hy gesê: “Dit sal verreweg die moeilikste oefenkamp van my loopbaan wees. Ek glo hy sal die beste in my na vore bring, en ná hierdie geveg is daar net een pad om te gaan, en dis vorentoe. Ek is opgewonde en sien uit na die grootste toets van my loopbaan tot dusver.”

GEDUGTE TEENSTANDER

Lando het ’n beroepsrekord van 14 gevegte, 9 oorwinnings (sewe met uitklophoue) en vyf nederlae. In sy nederlae is hy net een keer uitgeslaan en vier was met puntebeslissings.

In Lando se laaste geveg het hy in Oktober ’n punte-oorwinning oor agt rondes teen Simon Dladla van Suid-Afrika behaal.

Lando se vorige geveg in April 2023 by die Windhoek Buiteklub het omstrede geëindig, toe hy en Charles Shinima kort voor die einde van die vyfde ronde per ongeluk hul koppe gekap het, in die salvo waartydens hy vir Shinima vir die eerste keer in sy beroepsloopbaan platgeslaan het.

Die Namibiër, wat sy WBO Afrika-titel verdedig het, het ’n bloeiende snywond aan sy gesig opgedoen en kon nie voortbaklei nie. Met genoeg rondes afgehandel, kon ’n tegniese beslissing op grond van die telkaarte egter toegeken word, met Shinima wat volgens al drie tellinghouers die voorloper was en gevolglik as die puntewenner aangewys was.

Lando was bitter ontevrede oor hierdie uitslag en het agterna gedreig om ’n amptelike protes in te dien.

PORTEFEULJE

Simon beskryf die Angolees, met die vegnaam Spartacus, as ’n sterk, gesoute vegter wat al verskeie gedugte opponente die hoof gebied het.

“Om hierdie geveg te wen, beteken vir my alles. Lando is ’n hoog aangeskrewe vegter en indien ek hom verslaan, sal dit my portefeulje ’n hupstoot gee om myself in posisie vir hoër louere te plaas.”

Simon sê hy streef om gevegte in die VSA vas te knoop wat finansieel lewensveranderend kan wees.

“Ek glo hulle (promotors) sal eers my eers benader nadat ek hierdie man oortuigend geklop het, en met oortuigend bedoel ek met die onderbreking - dit sal ’n verklaring oorwinning vir my wees.”

VOORGEVEGTE

Tien voorgevegte sal op die program wees.

Die plaaslike goue seun Tangeni Salom sal Paulus Morgan oor ses rondes in die hoofvoorgeveg takel.

Simon sê: “Hulle albei belowe vuurwerke en sal nie die uitslag aan die tellinghouers wil oorlaat nie; so, ons kan ’n voortydige einde verwag,” het Simon gesê.

Die opkomende swaargewig Naftalie Shooya sal sy professionele buiging teen Simasiku Martin maak.

Toeskouers sal ook Joiy “Charlie” Nangolo en Martin Kambalili, albei van Swakopmund, teen teenstanders van Windhoek in aksie sien.

“Dit sal die laaste professionele boksbyeenkoms in Namibië vir die jaar wees, en ons belowe om ’n skouspelagtige vertoning vir die hele nasie te bied,” het Simon belowe.

VOLGENDE KAMPIOENE

Simon sê die byeenkoms is bedoel het om professionele boks na die Erongostreek te bring.

“Daar is talle talentvolle vegters wat geen erkenning kry, of geleenthede om hul vaardighede ten toon te stel nie, en dis hoekom ons die naweek hier is. Tagtig persent van ons boksers is werkloos en soek ’n manier om ’n inkomste te genereer en as hulle baklei nie, ontvang hulle geen inkomste nie.

“Die byeenkoms het ten doel om daardie boksers toe te laat om te veg en aktief te bly terwyl hulle geld verdien, en bowenal, om hulle van die strate weg te hou. Jy weet nooit waar die volgende Namibiese wêreldkampioen vandaan sal kom nie – heel moontlik kan die kusstreek die volgende uitskieter oplewer,” het Simon opgemerk.

Die enigste borg van die geleentheid is Knowledge Katti, onder die vaandel van die Knowledge-stigting.

“Die hele boksgemeenskap in Erongo bedank Katti vir al sy moeite en ondersteuning. Hy het ook die finansiering gedoen vir Homecoming Volume 1, wat op 13 Mei aangebied is, waar al die vegters van Walvisbaai as oorwinnaars uit die stryd getree het. Ek glo hierdie een sal dieselfde resultate hê,” het Simon afgesluit.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!