Lanie deur na Nedbank for Autism finaal
Gholf
Die Windhoek Buiteklub het Saterdag sy beurt gehad om ’n toernooi in die jaarlikse Nedbank for Autism gholfreeks aan te bied. Warm dagtemperature was ’n faktor op die baan, maar die gewilde toernooi is nietemin deur 106 speler bygewoon. Saterdag se wenner Lanie van Rooyen, wat hier haar prys van mnr. Gernot de Klerk van Nedbank ontvang, dring deur na die reeks se eindtoernooi wat in November by Omeya gespeel sal word. Die toptien spelers in die Nedbank for Autism toernooi by die Buiteklub was: 1 Lanie van Rooyen (43 punte), 2 Gary Stroebel (43), 3 Guillaume L’Excellent (43), 4 Johannes Goagoseb (42), 5 Inklous Suze (42), 6 Michael Hoeseb (42), 7 Christian Li (40), 8 Leevi Tshoopara (40), 9 Evelyn Paulino (40), 10 Abrie van Wyk (39). ’n veiling is ook agterna gehou en is goed deur die spelers ondersteun vir bykomende geldinsameling vir die goeie doel. Komende Saterdag bied die klub die tweede kompetisiedag van die Windhoek Lager Internasionale Parespel se eindrondte aan.
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie