Leeus trek Qalanders plat
Krieket
Vandat die Lahore Qalanders se aanvangskolwer Muhammad Naeem gister by Wanderers met die tweede bal van die dag vir ’n nulletjie been voor paaltjie deur Ayavuya Myoli van die DP World Lions betrap is, het die Pakistanse franchisespan wonderbaarlik herstel, maar kon net-net nie die eindstryd van die driehoekige Namibia Global T20-toernooi wen nie.
Die Lions het ná die elfde boulbeurt met 95/2 gespog, terwyl die Qalanders maar 65/3 gehad het. Met drie boulbeurte oor was die Qalanders op 134/4 en die Leeus op 143/5.
Waar die Qalanders met die laaste 18 aflewerings 51 aangeteken het (15, 21 en 15 in die laaste drie boulbeurte), moes die Lions 42 lopies (14, 18, 11) moker om die wedstryd met vyf paaltjies te wen en die wentrofee in te palm.
Die Qalanders (185/5 in 20) se kolfuitblinkers was Ahsan Hafeez (71 nie uit nie van 42 balle, 2x4, 6x6) en Shane Dadswell (33 van 21 b, 1x4, 3x6), gevolg deur Hamza Nazar (22 van 28 b, 2x4), Mirza Baig (17 van 14 b, 2x4) en Atizaz Habib Khan (12 van 5 b, 1x4, 1x6).
Ayavuya Myoli het drie paaltjies vir 26 lopies in 4 boulbeurte vir die Lions ingeoes. Die Lions het 22 ekstras (2 foutballe, 12 wydlopers) afgestaan.
Die Gautengers (186/5 in 19.5) se suksesvolle lopiejaagtog is deur hul nasionale T20-spesialis Reeza Hendricks (94 nie uit nie van 59 b, 10x4, 3x6), Bjorn Fortuin (26 van 18 b, 4x4), Mitchell van Buuren (23 van 17 b, 2x6), Evan Jones (20* van 12 b, 1x4, 1x6) en Temba Bavuma (15 van 10 b, 2x6) gelei.
Die Qalanders het net ses ekstras (met 3 foutballe en 2 wydlopers) afgestaan.
Usman Khalid (2/29 in 4), Dilbar Hussain (1/39 in 3.5) en Mohammad Sudais (1/52 in 4) het vir die Qalanders paaltjies gevat.
BLOOTSTELLING
Gerhard Erasmus, kaptein van Namibië se Richelieu Eagles, het Sondag ná sy span se laaste wedstryd in die toernooi (’n oorwinning teen die Lions) gesê die blootstelling aan sulke spanne van topgehalte is onmisbaar noodsaaklik.
“Krieket Namibië het iets puik reggekry met dié toernooi, want ’n mens het deurlopend wedstryd teen dié klas spanne nodig as ons op stryk wil wees vir die T20 Wêreldbeker.”
Namibië het Sondag afskeid geneem van sy legendariese staatmaker Craig Williams, wat ’n uitmuntende loopbaan op waardige wyse afgesluit het.
Williams (38) het agterna in ’n media-onderhoud gesê hy het volle vertroue in die jong groeplede om van hier af die fakkeldraers vir Namibiese krieket te wees.
“Elke keer wat ek vir Namibië kon speel, was ’n wonderlike ervaring. Vandag was ook ’n spesiale dag. Vir 15 jaar was ek ook bevoorreg om nie deur ernstige beserings gepla te word nie. Die laaste paar jare (met verwysing na die kwalifisering en deelname aan die T20 Wêreldbeker verlede jaar in die Emirate) was wonderlik.
“Die Eagles het ’n goeie groep bymekaar vir die laaste twee, drie jaar en die manne werk hard. Ek is saam met hulle hoopvol vir meer opskuddings by die komende Wêreldbeker (Oktober in Australië).”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie