Looser laat besoek aan Ibiza tel
Bergfietsry
Die oorwinning saam met haar spanmaat het vir die noodgedwonge onttrekking aan die Cape Epic vergoed.
Namibië se Vera Looser en haar Switserse spanmaat Irina Luetzelschwab was onkeerbaar in hul algehele oorwinning in die driedaagse Vuelta a Ibiza (Toer van Ibiza) wat die afgelope naweek op dié Spaanse eiland afgehandel is.
Looser en Luetzelschwab sou verlede maand vir die eerste keer as ’n span in die Cape Epic meegeding het, maar die Namibiër moes kort voor die eerste dag onttrek vanweë ’n ongesteldheid wat sy ná die Kaapstad-fietstoer nie betyds kon afskud nie.
In die 21ste weergawe van die Spaanse vakansie-eiland se grootste bergfietstoer het Looser-hulle van die begin af ’n onwrikbare greep verkry en is in geen stadium bedreig nie. Ná die eerste skof van 62 kilometer (met 1 600 meter se klimwerk) was hul voorsprong reeds ’n allemintige 17 minute.
Die tweede skof was die langste (74 km) en dié keer het Looser en Luetzelschwab met bykans twintig minute onder die res uit gery.
Hoewel hulle op die derde en laaste dag se oorwegend plat en vinnige skof (55 km, met 1 300 klimmeters) onder geen druk was om aanvallend te ry nie, het Team Bulls ook dié skof ingepalm vir ’n totale tyd van nege ure, 37 minute, 25 sekondes.
Tweede was Celina Carpinteiro van Portugal en Almudena Rodríguez van Spanje (Kanina Bikes) in 10:26:44.
“Die roete vir die Vuelta a Ibiza is ongelooflik skouspelagtig, ’n wilde mengsel van alles. Lieflike weer op die eerste dag, modder, steil klimme en bedrieglike afdraande. Dit was lekker om ’n slag weer diep te grawe en ek is baie beïndruk met Irina as my spanmaat. Ons sal met graagte terugkeer om ons titel te verdedig.”
Volgens Looser is haar volgende uitdaging die Titan Desert-toer in Marokko, wat oor ses dae van 8 tot 13 Mei duur op ’n roete wat gewoonlik die Saharawoestyn se duine en ander terrein van semi-woestyn soortgelyk aan Namibië insluit.
• Die Namibiër se Switserse man Konny Looser het ook die podium in Ibiza gehaal, met ’n derde posisie saam met Soren Nissen van Luxemburg.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie