Lowe jaag saam met beste juniors
Bergfietsry
Met sy klein spannetjie van net sewe presteer die Namibiese Fietsryfederasie uitsonderlik by die UCI wêreldkampioenskap wat in Glasgow in Skotland aangebied word.
Afrigter Hans du Toit was gister saam met die sport se plaaslike gemeenskap baie beïndruk met die vegtende vertoning van Kevin Lowe en Daniel Hahn in die junior mansresies.
Lowe het uiteindelik 20ste klaargemaak uit die 86 wat weggespring het en 58 wat die afstand voltooi het sonder om onttrek te word voordat hulle van agter verbygesteek word.
Hahn het 39ste geëindig.
Die junior mansresies het met ’n afstand van sowat vyf minute weggespring voor die herhalende ses rondtes van 4 km. Lowe was ná die eerste rondte in die 22ste posisie en Hahn 26ste.
Die enigste lande wat voor Lowe oor die eindstreep is, was Denemarke, Italië, Kanada, Noorweë, Frankryk, Hongarye, Switserland, die VSA, Brittanje, Oostenryk en Swede.
Namibië se 12de posisie wat die lande betref, is bloot die nuutste hoogtepunt, nadat Vera Looser vandeesweek sewende in die vroue-marathonresies geëindig het.
Du Toit sê: “Kevin en Daniel se ervaring van laas jaar was deurslaggewend. Die druk op beide in hul finale jaar (as juniors) is groot. Die top-10 ryers hier het almal reeds professionele kontrakte, met ’n klomp geld agter hulle.
“Ons uitslag as een van die kleinste lande in die fietsrywêreld is uitsonderlik. Wys my enige ander Olimpiese sport waarin Namibië onder die top-12 nasies in ’n wêreldkampioenskap eindig.
“Dit is weereens ons beste plasing ooit as ’n nasie en ook vir Kevin as ’n individuele ryer in die Olimpiese veldresies.
“Die roete is baie tegnies en die standaard is so hoog as vir enige baan ter wêreld.”
Suid-Afrika se Massimiliano Ambrosi (31ste) was die enigste ander uitdager van die vasteland wat naby die Namibiërs gebly het, nadat sy landgenoot en kontinentale junior kampioen Ernest Roets se fiets vroeg in die resies gebreek het.
• Namibië se deelname word die naweek soos volg voortgesit:
Vandag: Hugo Hahn, Olimpiese veldresiesbergfietsry (mans o.23).
Môre: Alex Miller, Olimpiese veldresiesbergfietsry (elite mans).
Sondag: Monique du Plessis en Melissa Hinz, Olimpiese veldresiesbergfietsry (elite vroue).

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie