Meisies vir renbaan gesoek

Renstelrenne
Die FIA se program is daarop ingestel om meisies in 'n veilige omgewing met gekwalifiseerde mense in beheer aan motorsport bekend te stel.
Tielman Van Lill
Die Namibiese Motorsportfederasie (NMSF) gaan sy eerste FIA Girls On Track Grant-byeenkoms op Saterdag 19 Augustus by die Tony Rust-renbaan wes van die hoofstad aanbied.

Die oogmerk van die dag is om meisies aan renstelresies voor te stel, wat in die spreektaal algemeen as karting bekendstaan.

Karting word in verskillende klasse gery. Deelnemers sal by Tony Rust die geleentheid kry om met twee van die karretjies te ry (sien foto’s hiernaas).

Daar is slegs plek vir die 20 meisies tussen 14 en 18 jaar wat eerste by die NMSF vir die opwindende geleentheid registreer. Die sluitingsdatum is 16 Augustus.

Die program bestaan uit drie afdelings, wat karting, gesondheid- en fisiese aspekte van die sport sal behandel.

Derek Jacobs, sekretaris-generaal van die NMSF sê: “Indien meisies, hul ouers of voogde meer duidelikheid oor die program verlang, kan hulle vir my ’n e-pos na [email protected] stuur.

Die Internasionale Motorsportfederasdie (FIA) se program is daarop ingestel om meisies in ’n veilige omgewing met gekwalifiseerde mense in beheer aan motorsport bekend te stel.

“Presiese besonderhede rakende die verloop van die program sal gekommunikeer word aan die eerste 20 meisies wat registreer.”

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!