Miller lei aanslag op Afrika-goud

Bergfietsry
Alex Miller (foto) verdedig môre die titel wat hy verlede jaar in Windhoek gewen het, wanneer die Afrika kontinentale bergfietskampioenskap by Thaba Trials aan die suidekant van Johannesburg afgehandel word. Die 22-jarige Miller en 21-jarige Hugo Hahn is die Namibiese inskrywings vir die elite mansresies waarin Suid-Afrika se bestes soos Philip Buys en Johan van Zyl ook hul stem dik sal maak. Namibië se klein, maar gedugte spannetjie sluit ook die twee junior mans (o.18) Kevin Lowe en Daniel Hahn in, met Theuns van der Westhuizen, Justus Beulker en Adrian Key ook ingeskryf om die bestes van die vasteland die stryd aan te sê. Hugo Hahn en Miller sal vir die eerste keer ook die Afrika-kortbaankampioenskap takel (agt baanrondtes van 1 km elk). Vanweë Monique du Plessis se insluiting in ’n Afrika-padfietsspan in Europa het Namibië geen verteenwoordiger in die elite vroueresies nie. Foto Bianca van Vuuren

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!