Mosquito, Heita en maats veg in Harare
Boks
Die promotor doen sy deel om geleenthede vir beide amateur- en beroepsvegters te skep.
Die MTC Nestor Sunshine boksakademie en Promosies is in sy noppies dat Alfeus Shaanika (vegnaam Mosquito) terug in sy geledere is.
Die weltergewig Shaanika is onoorwonne ná ses beroepsgevegte, waarvan hy drie met uitklophoue beëindig het. Die vegters met wie hy tevore afgereken het, sluit in sy landgenote Hedison Nghipondoka (twee keer), Ebenestus Kaangundue en Dominikus Edmund.
“Mosquito” is onmiddellik ingesluit by die Namibiese vegters wat op 30 Junie in Harare aan ’n aand van beroepsboksgevegte sal deelneem wat gesamentlik deur MTC Sunshine Promosies, Delta Force bokspromosies en die borg PstBet aangebied word.
Op 30 Junie sal die volgende vier Namibiërs op die voorprogram in Harare veg:
Hoofvoorgeveg (veergewig, agt rondes): Matheus Heita (8-0) tn Bongani Makovora (Zimbabwe, 3 gewen, twee verloor).
Junior liggewig (6 rondes): Sebastianus Nathanael (15-4) tn Peter Pambeni (Zimbabwe, 16-6-3).
Weltergewig (4 rondes): Nestor Amukoto (2-4-1) tn Blessing Kachigwada (Zimbabwe, 2-0)
Weltergewig (6 rondes): Mosquito Shaanika tn Philip Musariri (Zimbabwe, 7-3-2).
Die hoofgeveg sal tussen die Zimbabwiese vroueboksers, Ndodana Ncube en Isa Aliya Phiri, om die nasionale veergewigtitel wees.
ONTWIKKEL JEUG
Die MTC Nestor Sunshine boksakademie het aangekondig dat hy sy jeugontwikkelingsprogram gaan laat herleef om die amateursport op ’n gesonde voet te hou.
Met MTC en PstBet as borge word beurse ter waarde van tussen N$5 000 en N$25 000 beskikbaar gestel wat vir boksuitrusting of skooluitgawes aangewend kan word.
Volgens die promotor Nestor Tobias is die program getiteld “Fighting for Youth Empowerment” en “With Gloves We Give” bedoel om jong amateurboksers gereeld in gevegte bloot te stel en hulle terselfdertyd met hul vordering in onderwys by te staan.
“Ons werk graag saam met ander boksakademies en streke om te verseker dat die toekoms van Namibiese boks veilig bly,” het Tobias gesê.
Die programdirekteur is Tonata Uwanga, met Nicky Natangwe en Siegfried Kaperu as afrigters en Thomas Shangula as bemarkingsbestuurder.
Die amateurs se eerste boksgeleentheid sal die MTC-beker (met PstBet as medeborg) op 4 November op Grootfontein wees.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie