NBA: LeBron steek 38 000-puntekerf verby
Basketbal
Die basketbalsuperster LeBron James het Sondagaand slegs die tweede speler in die geskiedenis van Amerika se beroepsliga (NBA) geword wat die kerf van 38 000 punte in ’n loopbaan bereik.
James, wat vir die Los Angeles Lakers speel, het 11 punte in hul wedstryd teen die Philadelphia 76ers benodig om dié mylpaal te behaal.
Die 38-jarige James, wat al 20 jaar lank in die NBA speel, het uiteindelik 35 punte aangeteken. Dit was egter ’n bittersoet aand vir James, want Philadelphia het die wedstryd naelskraap met 113-112 gewen.
James beweeg vinnig nader aan die rekord vir die meeste punte in ’n NBA-loopbaan, wat deur Kareem Abdul-Jabbar gehou word. Abdul-Jabbar het tussen 1969 en 1989 altesaam 38 387 punte opgestapel. Hy het ’n yslike 1 560 wedstryde in sy NBA-loopbaan gespeel.
James het Sondag in sy 1 399ste wedstryd gespeel.
– Reuters; nba.com

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie