NCS gee Wanderers gas

Netbal
Limba Mupetami
Op ’n koue en winderige Khomasdal-netbalbaan het die Namibiese Korrektiewe Dienste (NCS) se netbalspan gister ’n oorwinning met 42-33 teen Wanderers behaal.

Die wedstryd in die MTC Namibiese premierliga het teen ’n hewige tempo begin, maar beide spanne ná die eerste kwart gelykop op 9-9. Gedurende die tweede kwart het NCS ’n voorsprong begin bou tot die fluitjie op 21-14 geblaas het.

Hoewel Wanderers die gaping ietwat vernou het, was NCS ná die derde kwart steeds met 29-25 in beheer.

Wanderers, wat voor die naweek vyfde uit die 12 spanne in die liga was, het in die vierde kwart ook opwindende spel gelewer, maar NCS het die oorwinning met nege punte beklink.

Met twee wedstryde oor voor die einde van die liga, het Lisoney Kajovi as spanbestuurder van NCS (tans die tweede span op die puntelys) gesê hulle bly gefokus op hul spel en sal nie nou al ’n moontlike ligatriomf begin vier nie.

“In ons laaste twee wedstryde kan enigiets gebeur. Vandag het alles darem goed verloop. Die enigste kopseer was dat sommige van my spelers redelik siek was. Dit was nie maklik nie; hulle moes maar vasbyt en hard werk om te wen,” het Kajovi gesê.

In die eerste wedstryd van die dag het Afrocat dit reggekry om Tigers met 32-30 te klop.

Om op die oomblik te voorspel wie die premierligatitel gaan wen, bly nog ’n waagstuk. Die voorloper Namibian Navy het laas Woensdag ’n indrukwekkende vertoning gelewer om ’n wentelling van 58-33 teen Eleven Arrows op te stapel.

Doelverskil kan ’n bepalende faktor wees teen die tyd dat die liga op 9 September ten einde loop.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!