• Tuisblad
  • Sport
  • NNOK staan vas by tweede manspeler, eerder as Marietjie

NNOK staan vas by tweede manspeler, eerder as Marietjie

Rolbal
Die NNOK sê dit was 'n voortydige fout dat Marietjie van den Bergh se naam as lid van die Statebondspelespan aangekondig is.
Andrew Poolman
Die nasionale keurkomitee vir vrouerolbal het bedank nadat die Namibiese Nasionale Olimpiese Komitee (NNOK) die sport se beheerliggaam se aanwysing van spelers na die 2022 Statebondspele in Birmingham ongeldig verklaar het.

Net twee plekke vir spelers is aan die Namibiese Rolbalvereniging (NBA) toegeken, wat in Februarie vanjaar vir dié doel proewe gehou en vir Marietjie van den Bergh en Cabous Olivier as sy verteenwoordigers uitgesoek het.

Die NNOK het hierdie spankeuse egter afgekeur en vir Van den Bergh met ’n tweede manspeler, JP Fouché, vervang. Olivier sal dus in die enkelspel meeding en Fouché sal sy spanmaat in die parespel wees.

Protesbriewe van klubs (Rössmund en TransNamib), die vrouekeurkomitee en die atleteverteenwoordiger is geskryf om aan die NNOK oorgedra te word, maar niks het hiervan gekom nie.

Jenny Gardiner, wat sedertdien as sameroeper van die nasionale vrouekeurkomitee bedank het, het in haar bedankingsbrief uitgewys dat Van den Bergh die reis vanaf Kleinzee in die Noord-Kaap aangepak het om die nasionale proewe by te woon.

“Die NBA is genooi na ’n ontmoeting met die NNOK en ek het saamgegaan, in die hoop om te hoor dat Marietjie na die Statebondspele kan gaan. Die vergadering het egter net oor die logistieke toerreëlings gehandel. Toe ons hulle uitvra hoekom hulle ons dwing om strydig met ons grondwet op te tree, is ons botweg ingelig dat die NNOK inderdaad aan ons kan voorskryf wie die finale toerlede sal wees.

“Ek het toe Marietjie se vele prestasies uitgelig, maar die NNOK het nie hierin belang gestel nie. Ek het toe gesê ek sien ek mors my tyd en het uit die vergadering gestap.”

“Binne ’n week ná my bedanking het my medekeurders Avril Kotze en Caryl Andreas

SKOK VAN MY LEWE

“Ek was nog nooit so geskok nie en ek kan dit nou nog nie glo of verstaan nie,” het Van den Bergh aan die koerant gesê.

“Die komende Spele se tema is juis geslagsgelykheid

“Dit voel of ek ondersteuning van 80 persent van die rolbalgemeenskap het. ’n Klomp klubs het briewe aan die NBA geskryf en op antwoorde aangedring.

“Ek het ’n brief van die NNOK waarin hulle sê Cabous en JP het in Suid-Afrika goeie blootstelling aan kompetisie en afrigting. Hierop kan ek net sê dat ek in dié stadium aan ’n hoër vlak van kompetisie én afrigting as hulle beide blootgestel word. Ek was onlangs in die Boland A-span wat die goue medalje by die SA Plattelandtoernooi gewen het. Ek was vyfde in die SA Meesterskampioenskap.

“Die NNOK se tweede punt is dat die twee jongmanne in ’n beter posisie is om vir medaljes mee te ding.

“Die NNOK voer ook aan dat die twee voorkeur kry omdat hulle jonger is en dus ’n beter rol speel om die sport te bemark. Oukei, verklaar dan hoekom geen jonger vrouespelers in my plek gekies is nie. Die NBA-raad het mos besluit om ’n mane en ’n vrou te stuur.

“Dit sal ’n hartseer dag wees as jeugdigheid die eerste oorweging in nasionale spankeuses vir groot kampioenskappe word. Die Statebondspele is nie ’n geleentheid waar ontwikkeling enigsins ’n oorweging is om nie jou heel bestes te stuur nie; almal ding mee om medaljes te wen.”

Van den Bergh sê sy is agterna die posisie as reisende spanbestuurder aangebied, maar het dit van die hand gewys. “Ek is ’n speler; ek stel nie belang om nie ’n bestuurder te wees nie.

“Nadat die NBA-raad besluit het om die volgende beste speler as spanbestuurder saam te stuur, is die speler in my plek (JP Fouché) se pa nou die aangewese spanbestuurder – wat nie die volgende beste rolbalspeler is nie. Daar is ’n lang lys verdienstelike spelers by (laas week se) nasionale kampioenskap wat oorweeg kon word.

“Die vrouekeurkomitee het bedank en mense het voorbehoude . Dit lyk my dat ander sportfederasies hulle ook in ’n soortgelyke bootjie met die NNOK kan bevind.

“In vergaderings sedertdien het NNOK-beamptes selfs gedreig om rolbal in die toekoms uit Spele-spanne weg te laat.”

NNOK ANTWOORD

Beide die NNOK en Namibiese CGA (Statebondspelevereniging) se president en sekretaris-generaal, mnr. Abner Xoagub en me. Joan Smit, het by navraag benadruk dat dié organisasie inderdaad oor die mandaat beskik vir die finale beslissing oor nasionale sportfederasies se spankeuse vir Speles.

Xoagub sê talle faktore en kriteria is in die besluit oorweeg.

“Sedert 1990 was rolbal nog altyd in Spele-spanne ingesluit – soms met tot soveel as ses spelers. Albei die twee gekose manspelers is jonk en word in Suid-Afrika goed in die sport blootgestel. Hul prestasies is nie swak nie en hulle kan nog beter ontwikkel.

“Met enige spankeuse kan jy nooit almal tevrede stel nie. By die laaste Statebondspele het Namibië met twee goue medaljes (Helalia Johannes en Junias Jonas) teruggekeer; ons streef om opnuut die mees kompeterende span moontlik saam te stel.”

Smit het dit as ’n fout betreur dat die Rolbalvereniging reeds ná die proewe en in die media aangekondig het dat Olivier en Van den Bergh sy span na Birmingham 2022 sal wees.

“Ons het inligting aangevra om te evalueer wanneer laas die atlete op internasionale vlak meegeding het en hoe hulle gevaar het (met covid in ag geneem). Die NNOK-raad het die spankeuse hersien en die twee jong atlete gekies.

“Rolbal het tevore groot spanne gestuur wat nie medaljes gewen het nie. Namibië se kwota is ook verklein van 27 atlete na Australië in 2018 en is nou net 25.

“Daar was geen persoonlike beswaar teen Marietjie se insluiting nie, maar die voortbestaan van die sport was wel ’n oorweging ... om die opvatting te begrawe dat rolbal net ’n sport vir ouer mense is.”

LAAS WEEK

Die betrokke spelers se vertoningslyste by die twee mees onlangse nasionale kampioenskappe:

2021: Cabous Oliver goud in enkelspel en vierspel, silwer in driespel. Marietjie van den Bergh goud in enkelspel, parespel (met Bianca Lewis) en driespel; vrouespeler van die toernooi.

2022: Cabous Oliver goud in enkelspel. Marietjie van den Bergh silwer in enkelspel (ná Diana Viljoen), goud in vierspel. JP Fouché silwer in vierspel. Olivier en Van den Bergh wen goud as gemengde parespan.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!