NRU kan uit die krag van slaap put

Rugby
Andrew Poolman
Lede van die Namibiese Rugby-unie (NRU) se ondersteuningspersoneel van die Windhoek Draught Welwitschias en die nasionale span het beddens van die plaaslike vervaardiger Restonic ontvang.

Die Welwitschias se hoofafrigter Chrysander Botha, verdedigingsafrigter Allister Coetzee (wat ook die nasionale span se hoofafrigter is), Sergio de la Harpe (krag en kondisionering), Irvin Newman (spanbestuurder) asook die NRU se uitvoerende hoof John Heynes was onder die ontvangers van Restonic se eie handelsmerk iDream Desert Comfort.

Restonic se aanvanklike borgskap van elf bedbasisse sal uitgebrei word om die aangewese lede van die Wêreldbeker-groep na Frankryk later vanjaar ook in te sluit.

Tydens gister se oorhandiging is die ontvangers vir ’n toer geneem deur Restonic se indrukwekkende fabriek van bykans 13 000 vierkante meter, waar nagenoeg 140 mense in diens is.

“Ons is ’n trotse, ten volle Namibiese maatskappy wat daagliks sowat 150 beddens lewer wat landswyd versprei word.

“Ons glo in die krag van slaap, is ons slagspreuk. ’n Goeie nag se slaap is een van die groot faktore in jou gesondheid en jou vertoning by die werk en op sportgebied,” sê Restonic se hoofbestuurder Mauritz van Niekerk.

“Ons is bevoorreg om tot Namibiese rugby te kan bydra en aan al die ondersteuningspersoneel wat agter die skerms werk, wens ons alles van die beste toe vir die seisoen, asook vir die Wêreldbeker in Frankryk.

“Ons staan stewig agter die span en glo dat ons in ’n langtermyn en wedersyds voordelige verhouding met Namibiese rugby betrokke kan wees.”

John Heynes, die NRU se uitvoerende hoof, sê die borgskap is ’n volmaakte pasmaat vir die unie, wat gelyktydig nie net met opbouwerk vir die 2023 Wêreldbeker nie, maar ook die volgende weergawes van 2027 en 2031 besig is.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!