Nuwe bloed genooi na padfietsreeks
Fietsry
Dis ’n nuwe jaar propvol vars uitdagings vir Namibiese resiesfiets- en bergfietsryers. Die eerste byeenkoms van die 2024 Nedbank-padfietsreeks word Sondagoggend (07:00) deur die Windhoek Pedal Power-klub (WPP) oos van Windhoek op die Dordabis-pad aangebied.
Dis die eerste van ses kompetisies van die Nedbank WPP-reeks vir pad- sowel as bergfietsentoesiaste. Meer as 300 deelnemers word Sondag verwag.
Die organiseerders het nuwe kategorieë ingestel in ’n poging om die byeenkomste selfs meer inklusief en opwindend te maak.
’n Bergfietsafdeling, asook ruimte vir skoolspanne is geskep, terwyl Paralimpiese ryers ook kan deelneem. ’n Individuele tydtoets sal beslis by sommige ryers byval vind en ’n streekkompetisie sal buite die hoofstad aangebied word.
Nicole Spangenberg van die WPP-komitee sê ryers kan vandag tot twaalfuur vir Sondag se kompetisie registreer.
“By die WPP streef ons om ’n platform vir fietsry-entoesiaste te skep wat inklusief en toeganklik vir almal is. Die fokus is daarop om ons lede te ontwikkel om met selfvertroue te kan ry. Ongeag mense se ouderdom of fiksheidsvlak is almal welkom om mededingend óf vir ontspanning te ry."
“Ons wil graag sien dat die byeenkomste meer fietsryers lok, omrede dié sport so goed vir geestelike en algemene gesondheid is,” het sy gesê.
Gernot de Klerk, Nedbank Namibië se bemarkingshoof, sê: “Ons is opgewonde oor die nuwe fietsryseisoen. Die Nedbank WPP-reeks is meer as bloot ’n kompetisie. Dis ’n uitdagende reeks wat strategies ontwikkel is om Namibiese fietsryers vir nasionale en internasionale byeenkomste te brei.
“Ons topryers sal Namibië uiteindelik as aanspraakmakers op die internasionale verhoog plaas. Nedbank se bydrae tot Namibiese fietsry het 38 jaar gelede met die land se oudste fietsren begin toe die Nedbank Cycle Challenge vir die eerste keer aangebied was.”
Die Nedbank WPP-reeks is vir alle plaaslike fietsryers beskore. Die koste van registrasie (by register.chronotrack.com/r/77436) vir 2024 is op N$525 vir volwassenes vasgestel, vir juniors N$315, vir gesinne N$1 050, N$285 vir sosiale nie-ryers, N$200 vir dagryers en N$2 625 vir spanne.
Die volgende byeenkoms (WPP2) vind op Sondag 21 Januarie by Teufelsschlucht noord van Windhoek plaas. Hierna volg WPP3 (24 Maart), WPP 4 (18 Augustus) en WPP5 (1 September).
Die Namibiese Fietsryfederasie se padfietskampioenskap vind op Sondag 28 Januarie in Windhoek plaas en die Nedbank Cycle Challenge word op Sondag 11 Februarie in die hoofstad gehou.
Belangstellendes kan die WPP by [email protected] kontak.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie