O.19 WB ’n reuse-fokuspunt
Krieket
Die aankondiging dat Krieket Namibië ’n mede-aanbieder van twee Wêreldbekertoernooie gaan wees, plaas die beheerliggaam in die posisie dat ambisieuse doelwitte nagejaag moet word.
Die uitvoerende hoof, mnr. Johan Muller, was die naweek met opgewondenheid bevestig dat die Windhoekse munisipaliteit die oop stuk grond langs die Doc Jubber-veld in Olympia toegeken het vir Krieket Namibië om ’n eie krieketstadion van internasionale gehalte op te rig.
“Ons doelwit is om reeds in April die gras aan te plant en die kolfblad te installeer en dalk reeds in Ausgutus die eerste wedstryd daarop in te wy,” het Muller Saterdag gesê.
Die Internasionale Krieketraad het onlangs bevestig dat Namibië en Zimbabwe die mede-aanbieders van die 2026 o.19 WB-toernooi vir mans sal wees. Dit is ook reeds bekend dat die Wêreldbeker vir mans (eendagkrieket) in 2027 in Suid-Afrika, Namibië en Zimbabwe gespeel gaan word.
Krieket Namibië het dus sy doelwit verklaar dat “nooit weer” toegelaat mag word dat sy o.19-mans en -vroue daarin misluk om vir die Wêreldbeker te kwalifiseer nie.
“Die o.19-mans se volgende Wêreldbeker is in 2024 in Sri Lanka, maar eers sal ons die kontinentale uitduntoernooi in Tanzanië moet gaan speel. Ons het dus besluit om in Desember twee spanne na die Suid-Afrikaanse o.19-week te stuur en om die gehalte afrigting en hulpbronne beskikbaar te maak.
“Baie werk word op ontwikkelingsvlak gedoen, maar ons doelwit is om seuns en meisies spoediger en beter voor te berei om tot die vlak van nasionale spanne te kan vorder.
“Op die o.19-vroue en afrigter Francois van der Merwe is ook druk om vir die Wêreldbeker te kwalifiseer. Ons weet Zimbabwe staan in julle pad, maar ons wens julle alles van die beste toe.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie