Opwindende tweestryde in Maleisië
Hokkie
Beide die mans- en vrouespanne van Namibië maak in Ipoh, Maleisie, hul stem dik by die internasionale binnenshuise toernooie wat onderskeidelik na Sultan Nazrin Shah en sy vrou Tuanku Zara vernoem is.
In gister se hoofwedstryd van die aand het die Namibiese vrouespan onder kapteinskap van doelwagter Petro Stoffberg ’n oorwinning met 4-1 teen Maleisië behaal.
’n Driekuns deur die speler van die wedstryd, Azaylee Philander, het ná die openingsdoel deur Sunelle Ludwig gevolg en die vroue het met 4-0 voorgeloop voordat die gasheerspan ’n laat troosdoel kon aanteken.
Die uitslag plaas die vrouespan ook terug op koers ná hul nederlaag kort tevore teen Switserland met 1-5, waarin die talentvolle skoolmeisie Philander ook hul doel behaal het.
Op die puntelys gister ná twee wedstryde elk was Suid-Afrika en Switserland nommer een en twee (6 punte elk), met Australië en Namibië (3 elk) ook nog in die wedloop. Maleisië (vyfde) is punteloos het twee nederlae gely, maar hul doelverskil is steeds beter as Nieu-Seeland wat reeds 13 doele teen nul afgestaan het.
MANS
Doelwagter en kaptein DJ Strauss het die Namibiese manspan sover tot twee uit twee oorwinnings gelei, wat beide Maandag gespeel is.
Die Namibiërs het die oggend vir Nieu-Seeland met 3-2 geklop. Rustyd was daar nog geen doele nie, maar die derde kwart het behoorlik vlamgevat met eers twee Kiwi-doele en daarna gelykmakers deur John-Paul Britz en Delron Handura. Die wendoel is deur Matu Kavikairiua ingeskiet.
Maandagaand se botsing teen Maleisië was ’n riller waarin Namibië met 2-4 agter was, maar puik geëindig het om met 7-5 te wen. In dié doelefees het Cody van der Merwe (2), Fagan Hansen (2) en Dylan Finch (2) voortgebou op die eerste treffer deur John-Paul Britz.
Ná twee wedstryde elk was net Suid-Afrika en Namibië nog onoorwonne. Vandag speel Namibië teen die swakste span Hongkong (03:30) en dan Suid-Afrika (10:00).

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie