Todd Parker ontvang die trofee van die Buiteklub se klubkaptein, mnr. Gustav Jung. Foto verskaf
Todd Parker ontvang die trofee van die Buiteklub se klubkaptein, mnr. Gustav Jung. Foto verskaf

Parker oorheers by Buiteklub

Gholf
Andrew Poolman
Die 17-jarige gholfspeler Todd Parker het die wentrofee in ontvangs geneem ná afloop van Saterdag en Sondag se klubkampioenskap by die Windhoek Buiteklub se baan.

Parker het die drie rondtes met 15 houe minder as die tweede beste speler Charlie Lohmann voltooi. Parker het verlede maand ook sy eerste oorwinning in een van die Namibiese Amateur Gholfunie (Nagu) se toernooie behaal toe hy die Windhoek Ope voor Stefanus Bonifatius weggeraap het.

Altesame 54 spelers (een meer as verlede jaar) het in die kampioenskap meegeding. Sondagoggend se windjie het waarskynlik sommige spelers se tellings beïnvloed.

Die voorste uitslae was soos volg:

Algeheel beste bruto: Todd Parker, 142.

Algeheel beste netto: Sesilia Nkoshi, 132.

A-afdeling beste bruto: Charles Lohmann, 157.

A-afdeling beste netto: Paul Adkins, 142.

B-afdeling beste bruto: Sakeus Matheus, 167.

B-afdeling beste netto: Lukas Hamata, 139.

C-afdeling beste bruto: Lee Haraseb, 186.

C-afdeling beste netto: Dewald Coetzee, 145.

Vroue beste bruto: Celonika Robinson, 194.

Vroue beste netto: Jolene van Schoor, 162.

Juniors beste bruto: Quade Beukes, 211.

Pryse vir die houe naaste aan die pen, geborg deur Borris Erasmus en Fanie Oosthuizen, is Saterdag deur Rochel Celliers (putjie 9) en Lee Haraseb (putjie 13) en Sondag deur Wessel Louw (putjie 3), Laban Malule (putjie 9), Toady Gurirab (putjie 13) en Corneels Jafta (putjie 17) ingepalm.

Gholflesse ter waarde van N$1 000 is as ’n prys toegeken aan Jolene van Schoor wat die meeste gholf gespeel het. Alle afdelings se brutowenners het ook betaalde lidmaatskap vir 2023 gewen.

• Komende Saterdag begin opnuut ’n groot toernooi by die klub, naamlik die tweedaagse Jack Daniel’s Gold Cup.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!