PAS IN: Hinda op koers ná eerste onderonsie

Tielman Van Lill
Veja Hinda het gister sy eerste geveg by die IMMAF-amateurwêreldkampioenskap in Belgrado, Serwië, teen Mo Zubair van Engeland gewen.

Hinda, wat as die sewende beste senior veergewigvegter (65.8 kg) deur die Internasionale Gemengde Gevegsportfederasie (IMMAF) gereken word, het Zubair in die tweede ronde met ‘n guillotinegreep om die nek tot oorgawe gedwing.

Hinda klim vandag in die veghok teen Mika Rasanen van Finland.

Die 19-jarige Ronaldo Feris het gister sy junior weltergewiggeveg (77.1 kg) teen Pyry Kiviluoma van Finland in die derde ronde verloor.

Geraldo Bok moes ongelukkig ook die knie in sy senior kapokgewiggeveg (61.2 kg) teen Alessio Ksouri (42ste op wêreldranglys) van Italië buig. Bok het moedig geveg, maar Ksouri is ná drie rondes met ‘n eenparige beslissing as die wenner aangewys.

Die junior liggewig (70.3 kg), Stefan Gilge (19), veg vandag teen Michał Borowski van Pole in sy eerste geveg. Die onervare Namibiër sal goeie ondervinding teen Borowski opdoen, wat vyfde op die IMMAF-wêreldranglys is.

Arno Jacobs veg vanmiddag teen Mohammad Saleh Rooshan van Iran in sy eerste senior strooigewiggeveg (52.2 kg).

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!