Proefwedstryd het sy doel gedien
Rugby
Saterdag se proefwedstryd tussen twee kombinasies van plaaslike klubspelers sal vir die nasionale afrigterspan dien om hul wedstrydgroep agtermekaar te begin kry vir die komende vriendskaplike wedstryd teen die Blou Bulle op 4 Junie in Windhoek.
“’n Mens kon sien die vier naweke van premierliga-klubrugby sover het die manne se spelpeil goed gedoen en van die spelers se werktempo was baie verblydend,” het hulpafrigter Chrysander Botha agterna gesê.
“Dit was bietjie koud en winderig vandag, maar ek haal my hoed af vir elkeen wat van oral gereis het om in ’n vreemde kombinasie in ’n vriendskaplike wedstryd te kom speel. Ons het gewis in ons mikpunte vir die dag geslaag.”
Botha en sy mede-hulpafrigters Pine Pienaar en Barend Pieterse, wat onderskeidelik vanaf die Blou Bulle en Griekwas aangesluit het, het vooraf ook ’n ontmoeting met die plaaslike premierliga-afrigters gehad om hul filosofie rakende aspekte soos speler-ontwikkeling, aanvallende en verdedigingstelsels en voorspelerspel uiteen te sit.
Die visie en beplanning vir die allerbelangrike 2022-seisoen, waarin Namibië gedurende Julie na Frankryk moet reis en in drie opeenvolgende wedstryde sy plek na volgende jaar se Wêreldbeker moet bespreek, is ook bespreek.
Botha het gesê die uitsoekgroep sou Saterdag reeds gekies en hopelik vroeg vandeesweek aangekondig word. Hy het uitgewys dat Desiderius Sethie (stut van Unam), Jacques Theron en André van der Berg (skakelpaar van Wanderers) tans buite rekening is weens ligte beserings.
Tydens Saterdag se wedstryd het Grootfontein se Nelius Theron, stut in die 2019 Wêreldbekerspan, ook die veld met ongemak in sy knie verlaat, terwyl Wanderers se flank Driaan Vorster ook met ’n beenbesering afgehelp moes word.
Die Blou Span, wat op papier moontlik ’n fraksie sterker as die Rooi Span vertoon het, het die 80 minute as wenners met 50-31 afgesluit (rustyd 31-12).
Die Blou Span se driedrukkers was vleuel JC Greyling, stut Jano Otto, losvoorspelers Cameron Langenhoven, Boris Majiedt en Gilad Plaatjies,, slot Johan Luttig, senters Alcino Izaacs en Darryl Wellman drieë gedruk. Oela Blaauw, Kyle Wentzel (2) en Geraldo Beukes het met doelskoppe geslaag.
Vir die Rooi Span het senter Bredell Wessels, heelagter Jeandre Loubser, stut Andreas Shikoneni en flank Joshua Jacobs drieë gedruk, tesame met ’n strafdrie. Delron Brandt het met twee doelskoppe geslaag.
Die wedstryd teen die Blou Bulle, met die Officeconomix Goodwill-trofee op die spel, is Vrydag van stapel gestuur met ’n lang lys plaaslike borge wat die inisiatief ondersteun vir ’n heuglike geleentheid wat ook die nasionale gees in die opbou na Wêreldbeker-kwalifisering ’n hupstoot sal gee.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie