Promosie na topliga op die spel
Netbal
Die president van Netbal Namibië, Rebecca Goagoses, sê die beheerliggaam sien uit na vuurwerke môre by die Wanderers-bane in Pionierspark.
Ondanks Grootfontein se laat onttreeking, sal nege spanne uit verskeie streke van die land meeding om vier beskikbare plekke in vanjaar se MTC Premierliga.
Wedstryde is vanaf 09:00 tot 19:00 geskeduleer en die spanne is in twee groepe verdeel. Groep A bestaan uit die gasheerklub Wanderers, Afrocat Wild Cats, Tsumeb, Young Stars en Blue Waters.
Groep B se deelnemers is Young Eleven Stars, Maria Goretti, Northern Fly Ballers en Mariental Nampol.
“Ons sien uit na ’n opwindende netbalkompetisie, sodat ons die beste vier uit hierdie uitspeelwedstryde kan haal. Dit is ons oortuiging dat die premierliga die vertoonvenster van die sport in die land is en as ’n hoogtepunt beskou moet word.
“Ons wil ’n goeie tempo en mededingendheid sien. Die vier spanne wat in die vorige seisoen onderaan die premierliga se puntelys geëindig het en gevaar loop om gerelegeer te word, kry geleentheid te om te veg vir oorlewing en te wys of hulle uit die ondervinding en strategieë wys geword het.”
Sy het die deelnemende klubs as verteenwoordigers van hul onderskeie streke sterkte toegewens vir die komende taak.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie