Rondte van sy lewe
Gholf
Walvisbaai-gholfklub se Winner of Winners-toernooi, geborg deur Bank Windhoek, is die afgelope naweek afgehandel en is welverdiend deur Wouter van Wijk met die beste rondte van sy loopbaan (66) gewen.
Van Wijk het goed afgeskop en deurlopend sy spelpeil volgehou om die titel te herwin wat hy tevore ook gewen het. Hy het nietemin net een hou voor Emile Vilbert senior klaargemaak, terwyl Sandro de Gouveia (70) derde was, gevolg deur Rocco Viljoen (72, vierde) en Johnny Borges (73).
In die plaatkompetisie het die jong Jordan Wentzel (90) danksy sy voorgee van 30 sy pa Kevin met 12 houe geklop. Jason Barnard het ook 72 houe gespeel, maar die uittel was in Kevin se guns.
• By Rössmund-gholfklub op Swakopmund word voorberei vir die aanbieding van die 17de opeenvolgende Hollard Kus Ope vir Vroue komende naweek. Sowat 30 vrouespelers, insluitend die bestes in die land van die sentrale en kusstreek, word verwag, insluitend die verdedigende titelhouer Wilma de Wet van Walvisbaai.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie