Philiip Seidler was heel tevrede met sy oorwinning en sy algehele vertoning. Saam met hom is Gaby Ahrens, visepresident van die Namibiese Nasionale Olimpiese Komitee. Foto Instagram
Philiip Seidler was heel tevrede met sy oorwinning en sy algehele vertoning. Saam met hom is Gaby Ahrens, visepresident van die Namibiese Nasionale Olimpiese Komitee. Foto Instagram

Seidler swem dat dit bars by Oanob

Oopwaterswem
Die jong Olimpiër het homself verbaas met sy puik vertonings.
Veranderinge in sy persoonlike lewe het sover min gedoen om die Olimpiese oopwaterswemmer Phillip Seidler se bedrewenheid in die water af te stomp.

Die 23-jarige gebore Swakopmunder het Saterdag ’n vinniger wentyd as tydens die Olimpiese jaar 2021 opgestel, toe hy die gesogte Pointbreak-oopwaterswembyeenkoms by Oanobdam se 5 kilometer-kompetisie afgeblits het.

“Daar kom ’n dag wanneer jy besef dat om ’n nuwe blaadjie om te slaan, die beste gevoel ter wêreld is, omdat jy besef daar is meer in die boek as net die bladsy waarop jy vasgehaak het,” het Seidler agterna op sosiale media verduidelik.

Volgens Seidler het hy onlangs ’n opwindende nuwe werkaanbod aanvaar en sodoende aanbeweeg van sy dae as ’n professionele swemmer. “Ek geniet my werk, maar ’n dag is nie meer lank genoeg vir al die myle wat elke gewoond was om te swem nie.

“Omdat my hart en my passie in swem is, het ek steeds op dié bladsy vasgehaak. Ek het besluit om vir die Pointbreak-byeenkoms by Onab in beide die 5 km en 2.1 km in te skryf.

“Tot my eie verbasing het ek die 5 kilometer in 58 minute voltooi – ’n minuut vinniger as verlede jaar – en die 2.1 km in 24 minute, ook ’n minuut vinniger.”

Seidler het verlede jaar in Tokio geskiedenis gemaak deur met die land se nasionale Olimpiese debuut in oopwaterswem ’n stewige 16de eindposisie te behaal.

Hy het ná die afgelope naweek sy waardering uitgespreek vir die ondersteuning wat hy van sy krag- en kondisioneringsafrigter Conrad Wagner op Swakopmund gekry het, asook van Gaby Ahrens, voormalige Olimpie kleiduifskut wat nou visepresident van die Namibiese Nasionale Olimpiese Komitee is.

VYFTIEN JAAR

Die Pointbreak oopwaterswembyeenkoms is vir die 15de jaar gedenk met OTB Sport as organiseerders.

Saterdag se 5 km avontuurswem in 2021 bekendgestel. Die swemskof begin by die verste noordwestelike kant van die dam, waar die Oanobrivier in die dam vloei. Swemmers moes self die slangroete terug na die eindstreep navigeer van waar die bootreise gedoen word.

Phillip Seidler se 5 km wentyd van 58:45 was meer as ’n minuut vinniger as die vorige jaar se 1:00:47.

Algeheel tweede was Nico Esslinger in 1:07:58 en derde was Arkell Wellman in 1:10:51.

Die eerste vroueswemmer was Reza Westerduin in 1:14:48. Tweede was Tiana Esslinger in 1:17:34 en derde Maja Brinkmann in 1:17:48. Die 30-49 jaar vrouewenner was Miena Chase in 1:27:51.

Peter Brinkmann het die mans 30-49 jaar kategorie in 1:21:28 gewen en sy ouer broer Mark Brinkmann die 50-plus kategorie in 1:23:08.

KORTER AFSTANDE

Die Sondag-byeenkoms het begin met die 700 m swem, wat teen volle pas uiters veeleisend vir liggaam en gees is.

James Langford was die eerste man in 11:08, gevolg deur Tristan Nell (11:29) en Keanet-Peter Rathenam.

Kaylynn Klein was die eerste vrou in 13:12, gevolg deur Mikayla Geyser in 13:18 en Nayla Drotsky in 13:24.

Ryan Steyn was die eerste seun van 12 en jonger (12:13) en Emma Brinkmann die eerste meisie (14:03).

Carissa Esslinger wen die onder 30-vrouekategorie in 14:17 en Keanet-Peter Rathenam klop die ander onder 30-mans in 11:58. Die kategorie vir vroue ouer as 30 is gewen deur Francis Chase in 14:42 en die mans 30-pluswenner was Dentie Louw in 12:09.

• Die 2.1 km mansbyeenkoms se topdrie was Phillip Seidler in 24:46, Nico Esslinger in 27:53 en Arkell Wellmann in 29:09.

Die vroue 2.1 km-item is gewen deur Maja Brinkmann in 30:15, voor Jessica Humphrey in 30:19 en Tiana Esslinger.

Die onder 30 manskategorie is gewen deur Liam Kinnaird in 30:13 en Tian Esslinger klop die onder 30 vroue in 31:14.

Ilona Sickel het die ouderdomskategorie 30-49 jaar vir vroue in 32:35 gewen en Andrew Rowles dié ouderdomskategorie vir mans (29:53).

Mark Brinkmann was die meestersmanswenner in 31:39 gewen en by die vroue Monica Ochse in 41:47

OTB Sport bedank Pointbreak vir 15 jaar se ruim borgskap en onskatbare bydrae tot oopwaterswem in Namibië.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!