Skeidsregter in berugte oorbyt-geveg oorlede

Boks
Mills Lane, een van boks se mees kleurryke skeidsregters, is Dinsdag in Reno in Amerika oorlede.

Lane (85) het in 2002 ’n beroerte gehad, wat hom gedeeltelik verlam het. Sy toestand het algaande vererger en hy kon nie meer praat nie.

As ’n jong man was Lane ’n seesoldaat voordat hy ’n prokureur geword het.

Hy was kortliks ’n beroepsbokser en het 11 gevegte in die geldkryt gehad voordat hy in 1963 besluit het om eerder ’n skeidsregter te word.

As skeidsregter het hy uiteindelik in meer as 100 wêreldtitelgevegte in die 1970’s, 1980’s en 1990’s opgetree en hy was saam met sterre soos Muhammad Ali, Thomas Hearns en Julio César Chávez in die kryt.

Hy was daarvoor bekend dat hy geen nonsens gevat het nie en is in 2013 in Boks se Internasionale Eresaal opgeneem.

Boksentoesiaste het dit geniet wanneer hy op die laaste oomblik voor die begin van ’n geveg aan die boksers gesê het: “Let’s get it on!”

Op ’n ligter noot is Mills Lane se alter-ego ook as die amptelike skeidsregter ingespan in MTV se eiesoortige klei-animasiereeks Celebrity Deathmatch.

Lane was ook die man wat Mike Tyson in 1997 gediskwalifiseer het toe hy Evander Holyfield twee keer aan die oor gebyt het.

Nog ’n vreemde geveg waarin hy die skeidsregter was, was die een tussen Holyfield en Riddick Bowe in 1993 toe ’n valskermspringer in die kryt probeer land het.

– CNN; Boxing Scene

* Kyk hier na die berugte oorbyt-geveg tussen Mike Tyson en Evander Holyfield:

www.youtube.com/embed/zKPMVex-UKk

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!