Ruben Trumpelmann in die groen van sy Vancouver Knights.
Ruben Trumpelmann in die groen van sy Vancouver Knights.

Trumpelmann laat kolwers bontstaan

Krieket
Andrew Poolman
Die linkerarm-snelbouler Ruben Trumpelmann is tot dusver die uitstaande Namibiese presteerder in die Global T20 Canada-krieketreeks.

Ná twee opeenvolgende vertonings wat hom die toekenning as speler van die wedstryd besorg het, het die stewig geboude blondekop hom as ’n sleutelfiguur vir die Vancouver Knights wat nou vierde van die ses spanne geplaas is.

Trumpelmann het Vrydag die Brampton Wolves as die eerste kolfspan se momentum gekelder deur 4/25 te neem en in die proses hul topvier kolwers te laat uitvang – Max O’Dowd agter die paaltjies vir 7, Usman Khan vir 18, Mark Chapman vir 3 en Hussain Talat vir 20. Hierna het die Knights die wentotaal met 17 balle oor bereik vir ’n sege met nege paaltjies.

Dinsdag was Trumpelmann ewe omgekrap met die nuwe bal, met drie paaltjies vir agt lopies teen die Montreal Tigers – ’n wedstryd wat sy Knights-span opnuut met nege paaltjies gewen het. Sy slagoffers was die Wes-Indiërs Sherfane Rutherford (1) en André Russell (12), asook Kanada se paaltjiewagter Srimantha Wijeyeratne (0).

In die reeks plaas Trumpelmann se nege paaltjies sover hom gesamentlik derde op die boulers se lys – drie agter Logan van Beek (12), die Nederlander wat vir die Brampton Wolves speel.

• Gerhard Erasmus, kaptein van die Namibiese Richelieu Eagles, se toernooi vir die Toronto Nationals het ietwat stadiger uit die blokke gekom, met kolftellings van 0, 5 en 1. Hy het wel met sy draaiballe (2/27) tot hul oorwinning teen die Knights bygedra, hoewel sy span tans vyfde geplaas is.

• Sy Nationals-spanmaat JJ Smit se kolftellings sover was 9 nie uit nie, 1, 23 (15 balle), 2 nie uit nie en 16 (9 balle).

• Vir die Brampton Wolves moet Jan Frylinck ook nog behoorlik vlamvat. Sy twee verskynings het boulsyfers van 1/18 (3 bb) en 0/14 (1 bb) opgelewer.

• Tot dusver het die linkerarm-draaibouler Bernard Scholtz drie wedstryde vir die tweede geplaaste Surrey Tigers gespeel en twee keer boulkans gekry (1/12 en 1/30).

• Die Global T20 Canada-blitsreeks se finaal word komende Sondag gespeel.

• In die VSA se ewe sterbelaaide Major League Cricket speel David Wiese vir die MI New York-franchise, wat tans vierde van die ses spanne is.

Wiese het sover vier paaltjies geneem en ook kolftellings van 19* (13 balle) en 19 (11 balle) bygedra.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!