Uitklopstryd teen Australië lê voor
Hokkie
Die Namibiërs het gister 'n vegtende vertoning in hul eerste nederlaag van die toernooi gelewer.
Ten spyte daarvan dat hulle gister met 3-5 teen Suid-Afrika verloor het, het die MTC Namibiese manspan ’n lewendige kans om die eindstryd van die Sultan Nazrin Shah binnenshuise hokkietoernooi in Ipoh, Maleisië, te haal.
Die span, afgerig deur Trevor Cormack en met doelwagter DJ Strauss as kaptein, het Vrydag (10:30 Namibiese tyd) nog een groepwedstryd oor – in ’n waarskynlike regstreekse valbylstryd teen Australië wat die wenner sal laat deurdring na die eindstryd, terwyl die verloorder sy plek in die bronsfinaal sal inneem, wat beide Saterdag gespeel word.
Gister het Suid-Afrika se binnenshuise manspan (wat glo die bynaam die Blitzstoks het) vroeg beheer oor die wedstryd geneem met ’n voorsprong van 2-0. Nic White het hul openingsdoel aangeteken, voordat hul speler van die wedstryd Steven Paulo (driekuns) en Dalpiarro Langford verder tot hul voorsprong bygedra het.
Namibië se doele is aangeteken deur Fagan Hansen (27ste minuut), Cody van der Merwe (37ste) en JP Britz (40ste minuut). In die strewe om sake gelyk te maak, het afrigter Cormack die doelwagter Richter van Rooyen afgehaal in die laaste minute waarin Langford en Britz hul doele bygevoeg het.
Vroeër gisteroggend is Suid-Afrika met 4-5 deur Australië geklop, terwyl Namibië ’n oorwinning met 22-0 teen Hongkong opgestapel het.
Brynn Cleak (5), Fagan Hansen (4), JP Britz (3), Delron Handura (3), Dakota Hansen (2), Cody van der Merwe (2), David Britz (2) en Ernest Jacobs (1) almal doele teen die span aan die onderkant van die puntelys aangeteken.
Ná vier wedstryde elk klou Suid-Afrika aan ’n naelskraapse voorsprong bo Namibië boaan die puntelys van ses spanne. Suid-Afrika het ’n potensieel ewe spannende wedstryd oor teen die gasheer Maleisië, wat reeds vir Australië verras het en wat die Blitzstoks kan verbysteek indien hulle met drie doele wen.
1 Suid-Afrika 9 punte (doelverskil +25)
2 Namibië 9 punte (+23)
3 Australië 9 punte (+19)
4 Maleisië 6 punte (+27)
5 Nieu-Seeland 3 punte (-7)
6 Hongkong 0 punte (-87)
VROUE
Vandag se wedstryde nommer 3 en 4 vir Namibië se vrouespan onder kapteinskap van Sunelle Ludwig in die Tuanku Zara binnenshuise toernooi in Ipoh, Maleisië:
tn Suid-Afrika (03:30 Namibiese tyd)
tn Nieu-Seeland (08:30 Namibiese tyd)
• Die vrouetoernooi se puntestand ná twee wedstryde elk:
1 Suid-Afrika 6 punte (doelverskil +9)
2 Switserland 6 punte (+6)
3 Australië 3 punte (3)
4 Namibië 3 punte (-1)
5 Maleisië 0 punte (-4)
6 Nieu-Seeland 0 punte (-13)

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie