Van Lingen stroop 119* teen PNG
Krieket
Selfs afrigter Pierre de Bruyn moes gister gaan veldwerk doen vanweë die Eagles se huidige beseringslys.
Volpunte sover wat die uitslae betref, maar die Namibiese Eagles is ook deur die beseringspook geteister op hul toer in Papoea-Nieu-Guinee wat vandag ten einde loop – en met die T20 Wêreldbeker wat vinnig nader snel.
Die meedoënloos kliniese krieket van Gerhard Erasmus en sy manne het reeds die VSA-span met stert tussen die bene huis toe gestuur, terwyl Namibië vanoggend vroeg (vanaf 02:00 Namibiese tyd) straks op dieselfde wyse PNG se siening oor hul pad vorentoe vol selftwyfel kan laat.
Danksy ’n puik honderdtal deur Michael van Lingen het die Eagles (284/4 in 50) gister in Port Moresby hul eerste van twee internasionale eendagwedstryde teen die gasheerland met ’n oordonderende 167 lopies gewen, toe hulle PNG vir net 117 lopies in 42.4 boulbeurte uitgeboul het.
Vanweë die kommerwekkende beseringslys in die Eagles-kamp moes selfs afrigter Pierre de Bruyn gister as veldwerker op die veld gaan en die 45-jarige gebore Pretorianer het in die proses boonop sy eerste vangskoot in ’n internasionale eendagwedstryd benut – tot groot vermaak van die Namibiese span.
JJ Smit se welbekende kniebesering het weer opgevlam, Picky Ya France het ’n sybesering en Lo-han Louwrens se skouer het uitgehaak.
Nadat Zane Green reeds die handskoene by Louwrens oorgeneem het en Ben Shikongo as plaasvervanger op is, moes De Bruyn toe ook later sy verskyning maak.
De Bruyn het gister aan Republikein gesê: “Dis tot dusver ’n goeie, maar bitter harde toer. Die weersomstandighede is uiters beproewend en die kolfblaaie baie moeilik.
“Michael se honderdtal was iets besonders en hy het dit maklik gekry. Dis ’n ongelooflike prestasie op dié blad. Hy is maar een van vier Eagles-kolwers wat sedert Namibië se herwinning van ODI-status 100 kon behaal.
“Die hele span het goed vertoon. Ons het ses goeie ligapunte teen die VSA en PNG ingesamel. Ons het die VSA twee keer oortuigend geklop.
“Ons het drie beserings, wat nie goed is nie. Lo-han se skouer was ontwrig, maar dit lyk darem nie of daar skade is nie.
“Ons fokus bly op die T20-Wêreldbeker aanstaande maand. Ons sal net drie dae by die huis wees en vlieg dan terug Australië toe.
“Die afgelope week se baie krieket het sy tol op die spelers se lywe geëis. Ná PNG moet ons ook na die T20-formaat oorskakel, maar ons sien baie uit na die Wêreldbeker.”
BULVENNOOTSKAP
’n 162-lopievennootskap tussen Michael van Lingen en Gerhard Erasmus om die vierde paaltjie het die plaaslike boulers genadeloos gestraf. Kort aflewerings is met minagting met haakhoue of dryfhoue grenstou toe gejaag.
Die aanvangspaar Lo-han Louwrens (28 van 42 balle, 3x4, been voor paaltjie) en Divan la Cock (20 van 46 b, 3x4, op die grens uitgevang) het beide aanvallende houe gespeel ondanks ’n versigtige begin.
Stephen Baard (21 van 48 b) het op nommer vier geen grenshoue geslaan nie, totdat hy uitgevang is.
Van Lingen se indrukwekkende kolfbeurt van 119 nie uit nie, van 107 aflewerings, het 13 viere en drie groot sesse ingesluit.
Van Lingen het ’n treftempo van 111.2 persent gehandhaaf en Erasmus (123.6%) het selfs ’n rapsie vinniger gekolf aan sy 68 van 55 b (5x4, 2x6). Die kaptein het 49 balle vir sy vyftigtal benodig. Gesamentlik het dié twee die spantotaal vanaf 115/3 tot 277/4 geneem.
Toe Erasmus eindelik in die 50ste boulbeurt uitgevang is, het Nicol Loftie-Eaton ingestap en onmiddellik ’n tipies flambojante ses met ’n omgekeerde veeghou geslaan en toe met ’n enkellopie afgesluit (7* van 2 balle).
Op die boulfront het Bernard Scholtz opnuut sy peil gehandhaaf en drie PNG-slagoffers vir 21 in 10 bb (vier leë boulbeurte) teen 2.1/bb bewerkstellig. Vir sy derde paaltjie het afrigter De Bruyn ’n lughou van Tony Ura (1 van 7 balle) raakgevat.
Loftie-Eaton laat kantel 2/30 in 7.4 bb teen 3.91 (1 leeg), terwyl Jan Frylinck (2/1 in 3, 2 leeg, 0.33) die PNG-kolwers opnuut behoorlik teister.
Ruben Trumpelmann (1/17 in 5, 3.4) het met sy heel eerste bal ’n vangkans vir Stephen Baard in die glippe geskep om Lega Siaka (0) te laat terugstap.
Erasmus (1/15 in 8, 1 leeg, 1.87) was ewe ekonomies. Hoewel Divan la Cock (0/9 in 2, 4.5) en Tangeni Lungameni (0/24 in 7, 1 leeg, 3.42) nie paaltjies geneem het nie, het hulle die wurggreep help behou.
Vir die PNG Barramundis het Norman Vanua op nommer agt probeer aanval met 38 van 68 balle (2x4, 2x6), maar die stryd was reeds lankal gewonne.
PNG staan 21 ekstras af (7 loslopies, 6 bylopies, 8 wydlopers). Vanua neem 3/47 in 9 (1 leeg) en Semo Kamea 1/35 in 7.
DIE REEKS
Die Eagles het in die Wêreldbeker Liga 2-eendagreeks (CWCL2 2019-2023) nog 14 wedstryde oor wat teen volgende jaar Maart afgehandel behoort te wees.
Oman is die enigste span wat reeds al 36 sy wedstryde voltooi het.
Die topdrie spanne dring deur na ’n kwalifiserende geleentheid vir die 2023 Wêreldbeker.
Hoewel Oman tans die eerste posisie op die punteleer beklee, kan sy swak netto lopietempo hom pootjie. Naas Skotland het Namibië die hoogste netto lopietempo en as die Eagles op hul peil kan voortbou, kan hulle onder die toptwee spanne eindig.
Huidige stand van dieCWCL2:
1 Oman (44 punte ná 36 wedstryde, wen 21 (wenpersentasie 58.33), netto lopietempo 0.039.
2 Skotland 40 ná 28, wen 19 (67.85%), 0.530.
3 VSA 29 ná 32, wen 13 (40.62%), -0.162.
4 Verenigde Arabiese Emirate 27 ná 26, wen 12 (46.15%), 0.051.
5 Namibië 24 ná 21, wen 12 (57.14%), 0.403.
6 Nepal 17 ná 20, wen 8 (40%), -0.047.
7 PNG 5 ná 23, wen 2 (8.69%), -0.867.
Die betrokke spanne se posisies op die ODI-wêreldranglys is: Skotland 12de, Emirate 15de, Oman 16de, VSA 17de, Namibië 18de, Nepal 19de, PNG 20ste.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie