Veterane takel drie nasies in Pretoria
Krieket
Deelname aan ’n vierhoekige toernooi wag op die Namibiese veteranekrieketspan van 50 jaar en ouer, wat Saterdag na Gauteng vertrek om wedstryde teen Zimbabwe, die Verenigde Arabiese Emirate en ’n sterk Suid-Afrikaanse span te speel.
Die Veteranekrieketvereniging van Namibië het in die vorige klubseisoen (2021-2022) met ’n span in Krieket Namibië se tweedeliga meegeding.
Sedert die Namibiërs se vorige toer na die wêreldtoernooi in 2019 het Gavin Murgatroyd finaal opgehou krieket speel, terwyl beserings aan Rudie van Vuuren en Daneel van der Walt ook ’n gevoelige terugslag was.
Veertien spelers is aangewys vir die toer waarin hulle Sondagoggend teen Suid-Afrika, Maandag teen Zimbabwe en Woensdag teen die Emirate te staan kom. Op Donderdag 1 Desember word die uitspeelwedstryd vir die derde posisie en dan die finaal beslis.
Suid-Afrika se span bevat drie uitgetrede Proteas (Louis Koen as kaptein, Clive Eksteen en Alan Dawson) en etlike spelers wat by die nasionale toernooi die beste vir hul provinsiale sapanne gevaar het.
NAMIBIË se spelersgroep: Andy Fallis (kaptein), Melt van Schoor (onderkaptein en paaltjiewagter), Trevor Britten, Rudi Birckenstock, Louis Nortje, Piers L’Estrange, Deon Gouws, Ashley Griffiths, Alex Horn, Dawie Hartzenberg, Petrie Theron, Ken Joseph, Willie van Zyl, Francois Erasmus (speler/bestuurder). Die afrigter is Norbert Manyande.
PROTEAS ouer as 50: Louis Koen (kaptein), Mario Solomons, James Albanie, Morne Cilliers, Alan Dawson, Clive Eksteen, Kaiser Gantsho, Andre Geldenhuys, Craig Lyons, Saleem Mukuddem, Brandon Nash, Lefty Ngece, Andre Peters, Goolam Taliep, Bruce Wilson, Brad White.
Die volgende wêreldtoernooi vir die 50-plusgroep word in Maart 2023 in Kaapstad gespeel.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie