Wêreldrugby skors Rusland en verpletter sy hoop van 2023 WB-kwalifisering
Rugby
Rusland se hoop om volgende jaar sy tweede opeenvolgende Wêreldbeker-toernooi by te woon, blyk daarmee heen te wees ná Wêreldrugby se verklaring vroeër vandag.
In ooreenstemming met aanbevelings deur die Internasionale Olimpiese Komitee (IOK) het Wêreldrugby sanksies teen Rusland ingestel as gevolg van sy militêre inval in Oekraïne, sowel as teen Belarus vir sy fasilitering van die inval.
Wêreldrugby het Rusland en Belarus “onmiddellik en tot verdere kennisgewing geskors uit alle internasionale en oorgrens-klubrugbyaktiwiteite”.
Dit het ook die Rugby-unie van Rusland se lidmaatskap van Wêreldrugby tot verdere kennisgewing opgeskort.
“Wêreldrugby herhaal sy veroordeling van Rusland se aggressiewe inval in Oekraïne, asook die fasilitering van hierdie optrede deur Belarus,” lui Wêreldrugby se verklaring.
“Die wêreldwye rugbyfamilie is verenig in solidariteit met almal wat deur hierdie diep ontstellende gebeure geraak word en sluit aan by die wêreldgemeenskap in die beroep op die herstel van vrede.
“Wêreldrugby se Uitvoerende Komitee het vandag besluit om onmiddellik bykomende stappe te neem om die rugbyfamilie te beskerm en ’n sterk standpunt teen die konflik in te neem in ooreenstemming met aanbevelings deur die IOK:
• Die volle en onmiddellike skorsing van Rusland en Belarus van alle internasionale rugby en oorgrens klubrugbyaktiwiteite tot verdere kennisgewing
• Die volle en onmiddellike skorsing van die Rugbyunie van Rusland van Wêreldrugby-lidmaatskap tot verdere kennisgewing
“Die besluit is geneem met die belange van rugby se waardes van solidariteit, integriteit en respek op die hart.
“Wêreldrugby bly ook in kontak met kollegas by die Oekraïne Rugbyfederasie en het sy volle steun aan die rugbygemeenskap in die land toegesê.”
Nuus van Rusland se opgeskorte lidmaatskap van Wêreldrugby stel hul hoop ernstig in gevaar om in die 2023 Wêreldbekertoernooi in Frankryk mee te ding, waarvoor die Bere nog nie gekwalifiseer het nie. Rusland het onlangs die oud-Springbokke Dick Muir (hoofafrigter) en Os du Randt (skrumafrigter) aangestel.
Onder afrigterskap van Lyn Jones het Rusland in die 2019 Wêreldbeker in Japan gespeel nadat Roemenië, Spanje en België almal daaraan skuldig bevind is dat hulle onkiesbare spelers tydens die kwalifiserende wedstryde gebruik het, maar Rusland se kanse om vir volgende jaar se toernooi te kwalifiseer, lyk nou uiters skraal.
Rusland, wat sy eerste Wêreldbeker-verskyning in 2011 gemaak het, is tans in die vyfde posisie in die Rugby Europa-kampioenskap – 15 punte weg van ’n outomatiese kwalifiserende plek en 12 punte om in die repechage-toernooi vir die finale beskikbare WB-plek uit te speel.
Niks hiervan tel egter solank hul Wêreldrugby-lidmaatskap ongeldig is nie – veral nadat hul twee oorblywende kwalifiserende wedstryde teen Georgië en Nederland verlede week deur Rugby Europa uitgestel is.
Rusland se opgeskorte lidmaatskap van Wêreldrugby sal die land ook verhoed om mee te ding in die Wêreldsewesreeks, asook die Seweswêreldbekertoernooi wat in September in Kaapstad gehou word.
Nie een van Rusland se mans- of vroue-sewesspanne is kernlede van die Wêreld-sewesreeks nie, en het ook nie vir die seweswêreldbeker gekwalifiseer nie. Nie een van die spanne sal ook gedurende Rusland se skorsing in enige toernooi optree nie.
Die Europese Professionele Klubrugbyvereniging het vroeër vandag ’n verklaring uitgereik waarin hy Rusland se inval in Oekraïne veroordeel, na aanleiding van Rugby Europa en Wêreldrugby se soortgelyke nuusverklarings verlede week.
– Bygewerk van Rugbypass.com

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie