WHS open liga met sege
Skolerugby
Die kaptein en regtervleuel Quirione Majiedt, met twee drieë, was een van die uitblinkers vir Samsung Windhoek Hoërskool op die openingsnaweek van die nuwe Standard Bank rugbyliga vir hoërskole.
WHS het op Rehoboth met 29-14 in sy wegwedstryd teen Hoërskool Dr. Lemmer gewen, nadat hy rustyd met 17-0 voorgeloop het.
Ná ’n aanskoulike wedstryd wat geesdriftig deur die plaaslike gemeenskap bygewoon is, was WHS se hoofafrigter, mnr. Ainsley Daniels, vol lof vir die groen-en-geel tuisspan.
“Dit was bietjie van ’n gesukkel om aan die gang te kom, want ná die skoolvakansie het ons maar die afgelope week weer bymekaargekom om te begin oefen. So, ons het geweet dit sou nie maklik wees nie.
“Dr. Lemmer het inderdaad opgedaag en het ons van die begin af ontwrig om in ons ritme te kom en ons speelstyl af te dwing. Ons het rustyd gepraat dat ons meer noukeurig in ons dissipline moes wees en dit het gehelp dat ons darem algaande die oorhand begin kry het. Maar alle eer aan Dr. Lemmer; hulle het baie goed gespeel en ek glo hulle sal goed deurkom hierdie seisoen.”
Majiedt, wat vroeër vanjaar die Namibiese o.19-toerspan na Kenia gehaal het, en sy vleuelmaat Aljeandro Morkel (een drie), het beide hul spoed op die aanval uitgestal.
Die wenspan se vierde driedrukker was skrumskakel Jayden Cloete, terwyl agtsteman Joe Losper (een doelskop) en losskakel Caeden Moller (twee doelskoppe en ’n strafdoel) sukses van die skopringetjie af behaal het.
Dr. Lemmer se driedrukkers was die heelagter Jason Farmer en agtsteman Elonio Scheffers, met doelskoppe deur Farmer en losskakel JP van Wyk.
• Komende Saterdag se bepalings in die Standard Bank o.19 Superliga: KMC/One Construction Windhoek Affies tn Dr. Lemmer (11:00 by Affiespark); Moria tn Schoemans-groep Windhoek Gimnasium (12:00 op Outjo); PSG Pro-Ed Akademie tn PSG Walvisbaai Privaat Hoërskool (12:30 by Pro-Ed).
• Vir die Standard Bank-liga is die toekenning van ligapunte soos volg: 3 vir wedstryd gespeel; 4 vir wen; 2 vir meer drieë as die opponent; 1 punt elk indien die spanne ewe veel drieë druk; 1 punt vir ’n nederlaag met tien punte of minder.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie