Wolwe maak reeks gelyk
Krieket
Afrigter Pierre de Bruyn het geduld met die ontwikkeling van die jonger spelers bepleit.
Moenie uit die oog verloor nie dat Ierland ’n volwaardige lidland met toetsstatus van die Internasionale Krieketraad is nie en dat sy A-span se huidige toer in Namibië juis bedoel is om lesse soos gister te leer.
Pierre de Bruyn, afrigter van die Eagles, is allermins teneergedruk dat die Ierse Wolwe gister die Castle Lite T20-reeks gelykop gemaak het – met vanoggend se derde wedstryd by Wanderers die bepalende kragmeting.
Inteendeel, hy verwelkom eerder die onontbeerlike lesse waaraan jong en ontluikende spelers blootgestel word wat andersins oor min of geen vorige internasionale ondervinding beskik nie.
“Om (vandag) die reeks te wen, sal wonderlik wees, maar dis hoegenaamd nie vir my ’n prioriteit nie,” het De Bruyn gesê nadat Namibië se A-span gistermiddag by Wanderers die tweede T20-wedstryd met 32 lopies teen Ierland-A verloor het.
“Vir die eerste 15 boulbeurte het ons goed geboul soos ons in die eerste wedstryd gedoen het, maar twee goeie kolwers het ons teen die einde swaar gestraf toe ons nie akkuraat in die uitvoering van ons planne was nie.
“Vir ons twee jong boulers aan die einde (Ben Shikongo en Tangeni Lungameni) was dit ’n waardevolle les.
“Wat ons kolfbeurt betref, moet mens onthou dat Lo-han Louwrens, JC Balt, Shaun Fouché en Dylan Leicher jongelinge is wat nog hul voete in die bedryf vind en wat sover nog meestal net klubkrieket gespeel het.
“Hierdie hele reeks gaan daaroor om vir dié jonges saam met spelers aan die rand van die nasionale groep – soos Karl Birkenstock, Pikky ya France, Ben Shikongo, Mauritius Ngupita en Tangeni Lungameni – speelkans en ondervinding te gee.
“Ja, hulle is op hul senuwees en ja, hulle sal foute maak. Dit is juis die fokus van dié reeks. Ons moet net geduld met hulle wys.”
VERLOOP VAN DIE SPEL
Die Ierse Wolwe het gister 173 vir die verlies van vier paaltjies in hul toegelate 20 boulbeurte opgestapel, voor hulle die Eagles met goeie boulwerk tot 141/6 in 20 beurte beperk het.
Albei kolfspanne het ses sesse geslaan, maar die Iere het meer beheersd aangeval – soos hul 14 viere teenoor Namibië se ses aandui.
Ierland het self in sy eerste 16 boulbeurte nie te waffers gevaar nie, maar het van die 17de af met venyn hul tande in die Eagles-boulers se aflewerings geslaan. Ná die tiende boulbeurt was hulle op 58/2 en ná die 16de op ’n middelmatige 107/3.
Die 66 lopies wat hierna teen 16.5 per boulbeurt afgestaan was, het die Namibiërs duur te staan gekom. Ngupita was in die16de nog heel suinig met ses lopies.
Hoewel Ben Shikongo die paaltjie van Shane Getkate in die 19de gebuit het, het hy in sy laaste twee boulbeurte elf en 19 lopies afgestaan. Tangeni Lungameni is vir 15 en 21 in die 18de en 20ste boulbeurt geslaan.
Die aanvangskolwer Murray Commins (37 van 36 balle, 3x4, 1x6) het Dylan Leicher se eerste internasionale T20-slagoffer geword. Commins, Stephen Doheny op drie (23, 17 b, 2x4, 1x6), Getkate op vier (54 van 34 b, 6x4, 1x6), die kaptein en paaltjiewagter Neil Rock op vyf (25* van 15 b, 1x4, 1x6) en Curtis Campher op ses (16 nie uit nie van net 4 balle, 1x4, 2x6) was hoofsaaklik vir die toerspan se totaal verantwoordelik.
Val van die Ierse paaltjies: 1/22 (Jeremy Lawlor ná 4.5 boulbeurte), 2/52 (Doheny, 8.5), 3/101 (Commins, 14.6), 4/145 (Getkate, 18.4.).
Die Eagles het net 9 ekstras afgestaan (1 foutbal, 2 wydlopers) terwyl die Iere 16 (2 foutballe, 7 wydlopers) teen hul naam het.
Vir die Eagles het Shikongo (2/41 in 4 teen 10.25), Leicher (1/21 in 3 tn 7) en Nicol Loftie-Eaton (1/22 in 3 tn 7.33) paaltjies geneem.
Die aanvangskolwers Lo-han Louwrens (11) en JC Balt (6) is goedkoop laat stap, met Loftie-Eaton (13) wat ná elf balle op hul hakke gevolg het. Namibië het onverwags op 31/3 stoom verloor.
Genadiglik het Shaun Fouché op vier en JJ Smit op vyf die Namibiese telling met ’n 70-vennootskap lyf gegee.
Voordat die immer gevaarlike Smit uitgevang is, het hy vier sesse en drie grenshoue van 25 aflewerings vir sy 46 gepeper. Ongelukkig is Fouché ná ’n misverstand tussen hom en Karl Birkenstock uitgehardloop. Sy 31 kom van 25 balle met een grenshou en twee sesse op sy kerfstok.
Vir Birkenstock op 11* (13 b) en Pikky ya France (4* van 6 b) was die verwagte koers reeds te hoog om die gety teen die Ierse boulaanval om te keer.
Namibië se val van paaltjies: 1/8 (Balt, 3.6 bb), 2/29 (Louwrens, 7.2), 3/31 (Loftie-Eaton, 7.5), 4/101 (Smit, 14.5), 5/118 (Leicher, 16.5), 6/127 (Fouché, 17.4).
Matt Ford (2/10 in 2 teen 5) en Curtis Campher (2/30 in 4 tn 7.5) asook Graham Hume (1/25 in 4 tn 6.25) het die Eagles se vordering gerem. Peter Chase teen 5.5 lopies per boulbeurt en Josh Manley (5) was ekonomies. Net Ben White is teen 10.66 in sy drie gestraf.
Getkate is as speler van die wedstryd aangewys. Sy 54 opies is teen bykans 159 persent aangeteken en hy het die deurslaggewende vangskoot benut om van Smit ontslae te raak. Toevallig het Smit hom ook vroeër uitgevang.
Namibië A en Ierland A speel vandag om 10:00 die laaste T20 by Wanderers, voordat die vyf eendagwedstryde volgende week by dieselfde veld begin.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie