Eagles sak twee plekke terug

Krieket
Die twee nederlae in T20's teen Oman sou teen die span getel het.
Tielman Van Lill
Namibië se Richelieu Eagles het effens teruggesak van hul hoogste posisie in die geskiedenis op die Internasionale Krieketraad (ICC) se T20-wêreldranglys.

Die Eagles het met twee posisies van elfde tot 13de plek gedaal, terwyl Ierland (elfde) en Zimbabwe (twaalfde) elk ‘n tree vorentoe gegee het. Namibië se elfde posisie was die hoogste wat die land nóg behaal het vandat die Eagles internasionale T20-status verwerf het.

Die Verenigde Arabiese Emirate (nou 17de) en Nepal (nou 16de) het ook plekke verwissel.

Dié negatiewe ontwikkeling kan moontlik toegeskryf word weens die Eagles se onlangse wisselvallige vertonings by die Afrika-spele in Accra, Ghana, asook in Kirtipur, Nepal. ‘n A-Span het Namibië by die Afrika-spele verteenwoordig waar hulle drie uit vyf T20-wedstryde insluitende die finaal teen Zimbabwe verloor het.

Die ander bepalende faktor was die Eagles se vertoning in Kirtipur waar hulle drie T20i-kragmetings teen Nederland en Nepal gespeel het. Nederland en Nepal het die Eagles elk een keer geklop, terwyl Namibië een botsing teen Nepal gewen het. Die Eagles moes twee ontmoetings met Nederland gehad het, maar weens reën is die wedstryd afgelas.

Die ICC se ranglys vir internasionale T20-spanne is op 23 Maart 2024 opgedateer, voor die Eagles se T20i-reeksoorwinning (met 3-2) vandeesmaand teen Oman in Al Amerat. Die twee nederlae teen Oman, wat heelwat laer (18de) geplaas is, sou ook teen Namibië getel het.

In eendagkrieket het die Eagles wel drie van hul vier internasionale 50-beurtwedstryde (ODI’s) in die Wêreldbeker Liga Twee-reeks teen Nederland en Nepal in Kirtipur gewen.

Die ODI-groentjies, Kanada, is ná vier wedstryde eerste op die punteleer, terwyl Namibië die tweede posisie beklee.

Afrigter Pierre de Bruyn en sy manne se volgende driehoekige mini-toernooi in die reeks is in Meimaand teen Skotland (gasheer) en Oman.



INDIVIDUELE RANGLYS

JJ Smit, Gerhard Erasmus en Niko Davin is die enigste Namibiërs op die ICC se T20i-kolfranglys. Smit het met sewe posisies afgeskuif en is nou 83ste. Erasmus het twee plekke geklim, tot 98ste. Davin is met ses plekke afwaarts, na 99ste.

Die linkerarm-draaier Bernard Scholtz is die enigste Eagles-speler wat Namibië op die T20i-boulranglys verteenwoordig. Scholtz was op 73ste, maar is nou 80ste.

Op die T20i-ranglys vir veelsydige spelers vaar Namibië heelwat beter. Erasmus (12de) en Smit (14de) pryk onder die wêreld se top-20 en is die hoogste geplaaste spelers van assosiaatlande. Jan Frylinck het elf plekke verloor en is nou 46ste. Smit het met ses posisies afgeskuif en omrede hy deesdae weens gedurige kniebeserings nie meer boul nie, sal hy stelselmatig sy plek verloor.

Die ICC se boul- en kolfranglyste asook die van veelsydige spelers is op 9 April 2024 opgedateer.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!