Zim én Nigerië uitoorlê Eagles

Krieket
Die Namibiërs se wiskundige kans om die halfeind te haal, hang aan 'n draadjie.
Tielman Van Lill
Die uitgedunde Richelieu Eagles-span by die Afrika-spele se hoop om by die agterdeur na die halfeindronde in te glip, is in Accra, Ghana deur nederlae teen eers Zimbabwe en daarna Nigerië verydel.

Namibië kon gister nie keer dat Nigerië met die laaste bal van die internasionale T20-wedstryd met drie paaltjies wen nie.

Nicol Loftie-Eaton, kaptein van die Eagles, het die loot gewen en gekies om eerste te kolf. Namibië se 121 vir die verlies van sewe in 20 boulbeurte was nie genoeg om Nigerië (126/7 in 20) se aanslag te stuit nie.

Niks kan van Nigerië se boulers vir hul uitstekende dissipline weg geneem word nie. Die manne het slegs drie foutballe en ses wydlopers afgestuur en die Nigeriërs het in totaal 16 ekstras afgestaan (insluitende vier bylopies en ses loslopies).

Die 21-jarige Isaac Danladi (2 paaltjies vir 10 lopies in 4 boulbeurte) is as speler van die wedstryd bekroon. Joshua Asia (1/14 in 4), Prosper Useni (1/4 in 1), Chiemelie Udekwe (1/21 in 4) en Ridwan Abdulkareem (1/33 in 4) het ook deurbrake gemaak. Die enigste boulers wat werklik gestraf is, is Isaac Okpe (1/13 in 1) en Sylvester Okpe (0/11 in 1).

As dit nie vir die 16 ekstras was nie, was die Eagles tot 105 lopies in 20 beperk.

Val van paaltjies: 1/19 (Niko Davin, 3.3 boulbeurte), 2/25 (Malan Kruger, 4.2), 3/25 (Gerhard Janse van Rensburg, 5.1), 4/30 (Shaun Fouché, 6.6), 5/76 (Nicol Loftie-Eaton, 13.5), 6/106 (JP Kotze, 18.4), 7/118 (JC Balt, 19.4 ov).

Die Namibiese topkolwers – veral die senior manne – sal verantwoordelikheid moet neem. Sonder ’n stewige grondslag van die topvyf kolwers sal enige span op die agtervoet wees.

Namibië se eerste vyf kolwers is vir 53 lopies uitgehaal. Ten minste het Nigerië se topvyf 69 tussen hulle versamel wat hulle ’n stewiger voet in die deur gegee het.

Malan Kruger het goed begin met drie viere, maar kon nie sy peil handhaaf nie, terwyl Niko Davin se onlangse gesukkel met die kolf voortduur. Loftie-Eaton het sy lopies vinnig aangeteken, maar is uitgevang.

Dit was wonderlik vir Dylan Leicher om onder druk op nommer ses in te stap (30/4 ná 7 bb) en met 42 nie uit nie vir die seniors ’n ding of twee te wys. JC Balt is in die laaste boulbeurt vir ’n nulletjie uitgevang.

Namibië se lopies in kolfvolgorde

Malan Kruger (15 van 12 balle, 3x4)

Niko Davin (8 van 13 b, 1x4)

Gerhard Janse van Rensburg (1 van 2 b)

Nicol Loftie-Eaton (27 van 26 b, 1x4, 1x6)

Shaun Fouché (2 van 6 b)

Dylan Leicher (42* van 41 b, 2x6)

JP Kotze (10 van 19 b)

JC Balt (0 van 3 b)

Handré Klazinga (0* van 1 b)

Loftie-Eaton (3/20 in 4) het die leiding met die bal in die hand geneem. Simon Shikongo (1/23 in 4), JC Balt (1/18 in 4), Klazinga (1/6 in 1) en Jack Brassell (0/15 in 3) was ekonomies en het tussen 4.5 en ses lopies per boulbeurt afgestaan.

Shaun Fouché (1/30 in 3) en Gerhard Janse van Rensburg (0/12 in 1) was aan die duur kant. Fouché het die laaste boulbeurt geboul toe Nigerië 14 vir ’n oorwinning benodig het. Hy is deur beide Sylvester Okpe (13 lopies) en Mohameed Taiwo (4) met twee viere en ’n ses vir 17 lopies gestraf.

Die vraag kan gestel word hoekom Brassell nie die laaste boulbeurt geboul nie.

Dit is die Eagles se tweede loesing in twee dae nadat Zimbabwe (197/6) hulle tot 162/8 beperk het.

Vandag is ’n afdag en môre wag Tanzanië, wat vir Nigerië geklop het, propvol selfvertroue, terwyl Namibië voor die semifinale op die randjie van amptelike uitskakeling wankel.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!