Nasa DART ’n hemelliggaam
Satelliet teen asteroïed vasgevlieg
Amerikaanse Ruimte-agentskap sê dit wys die aarde kan beskerm word
Dit was Maandag 26 September 2022 toe die Amerikaanse Ruimte-agentskap (Nasa) ’n satelliet ten koste van US$325 miljoen teen ’n asteroïed vasgevlieg en daarmee, volgens hulle, die eerste verdediging vir planeet aarde teen moontlike hemelse voorwerpe gedemonstreer het.
Die dubbele asteroïed-herleidingstoets (DART) het ná ’n reis van tien maande met Dimorphos impak gemaak, wat hopelik die asteroïed se wentelbaan rondom sy groter tweeling Didymos effens, dog meetbaar sal verander.
Dimorphos is ’n redelike klein liggaam van net 160 meter in deursnee, en wat wentel om ’n groter asteroïed van 780 meter, genaamd Didymos. Nie een van die twee asteroïede hou ’n bedreiging vir die aarde in nie, volgens Nasa.
“DART verteenwoordig in wese ’n ongekende sukses vir planetêre verdediging, maar dis ook ’n missie van eenheid met ’n werklike voordeel vir die hele mensdom,” het mnr. Bill Nelson, Nasa-administrateur, gesê.
“Terwyl NASA die kosmos en ons tuisplaneet bestudeer, werk ons ook daaraan om daardie tuiste te beskerm, en hierdie internasionale samewerking het wetenskapfiksie in wetenskapfeite verander, wat een manier demonstreer om die aarde te beskerm,” volgens hom.
“DART se sukses bied ’n beduidende byvoeging tot die noodsaaklike gereedskapkas wat ons moet hê om die aarde teen ’n moontlike verwoestende impak deur ’n asteroïed te beskerm,” voeg mnr. Lindley Johnson, NASA se Planetêre Verdedigingsbeampte, by.
“Dit wys ons is nie meer magteloos om hierdie tipe natuurramp te voorkom nie.
“Tesame met verbeterde vermoëns om die oorblywende gevaarlike asteroïedbevolking op te spoor, deur ons volgende sending, die Near-Earth Object (NEO) Surveyor, kan ’n DART-opvolger voorsien wat ons nodig sou hê in ’n noodsituasie,” sê Johnson.
DART is vergesel deur die Italiaanse Ruimte-agentskap se LICIACUBE wat op 11 September van DART weggebreek en foto’s van die impak geneem het.
Die Europese Ruimte-agentskap werk aan die ontwikkeling van Hera, ’n ruimteskip wat in 2024 na Didymos geloods sal word, om na verwagting in 2027 daar aan te kom. Met die asteroïed paartjie reeds binne 11 miljoen kilometer van die aarde, gebruik ’n wêreldwye span tientalle teleskope regoor die wêreld en in die ruimte om waar te neem.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie