Kosmos 94.1 nou beskikbaar in SA, Lesotho
Die plaaslike radiostasie Kosmos 94.1 is vanaf gister beskikbaar in Suid-Afrika en Lesotho op DStv en GOtv se luisterkanale.
MultiChoice Namibia is ’n voorstaander daarvan om Namibië se ryk en diverse kultuur en tale na die res van die wêreld te neem. Kosmos 94.1 is een van Namibië se voorste radiostasies wat hoofsaaklik in Afrikaans uitsaai. Met ’n fokus op lewendige musiek, vars nuus en vermaak vir die hele gesin, wil die stasie die beste Namibiese inhoud vir getroue én nuwe luisteraars bied.
"As Afrika se mees geliefde storieverteller, is ons altyd op soek na geleenthede om 'n groter wêreld aan ons Namibiërs te bied, hetsy plaaslik of aan diegene buite ons grense," het MultiChoice Namibia se besturende direkteur, Roger Gertze, gesê.
“Kosmos 94.1 sal sekerlik Afrikaanse luisteraars in Suid-Afrika en Lesotho aan Namibiese kuns, onderwys, sport en ander vermaakaspekte blootstel deur ons platforms.”
Omdat kanale soos Kosmos op 'n hoëbandfrekwensie werk, moedig MultiChoice kliënte aan om te verseker dat hul dekodeerders en installasies opgedateer word. Dit beteken ouer dekodeerders of nie-verbindbare installasies mag dalk nie die kanaal uitsaai nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie