‘Veedief’ Blaauw vry op borgtog van N$15 000

Gochas-diefstalsaak teruggetrek
Francoise Steynberg
’n Vermeende veedief van Keetmanshoop, die 41-jarige André Blaauw, is Vrydag in die Aranos-landdroshof in die Hardapstreek op borgtog van N$15 000 vrygelaat en ’n diefstalklag teen hom is teruggetrek.

Blaauw is op Woensdag 29 Januarie by die Aranos-veilingskrale in hegtenis geneem in verband met die diefstal van 56 beeste en 28 skape van die plaas Coenbritz in die Aranos-distrik van die bekende sakeman Sarel Oberholzer.

Blaauw het aanvanklik op 31 Januarie in die Aranos-landdroshof verskyn en is borgtog geweier. Volgens Oberholzer was daar intussen nog klagte in die Gochas-distrik teen hom aanhangig gemaak.

Blaauw het verlede Dinsdag ’n dringende aansoek om borgtog in die Aranos-hof gebring wat tot Donderdag geduur het toe borgtog aan hom toegestaan is, maar hy kon eers Vrydag ’n vry man wees.

Hy moes Vrydag op die Gochas-klag verskyn wat die diefstal van hekke en voerbakke behels, maar dié klag is teruggetrek.

Volgens Oberholzer, ’n Suid-Afrikaanse burger met verskeie plase, eiendomme en sakebelange in Namibië, is hierdie sake net die oortjies van die seekoei met die grootste veediefstal- en bedrogsaak in Namibië ter waarde van N$30 miljoen wat onthul gaan word.

“Alhoewel Blaauw tans van die diefstal van 56 beeste en 100 skape aangekla word, is verdere ondersoeke met betrekking tot ongeveer 3 727 beeste aan die gang, asook bedrogondersoeke van N$30 miljoen,” lui Oberholzer se regsverteenwoordiger, Gerhard van den Heever van die Keetmanshoopse regsfirma, Lentin, Botma & Van Den Heever, se verklaring wat verlede Dinsdag aan Network Media Hub (NMH) verskaf is.

Die verklaring lui die verdere ondersoeke dui ook op ’n beslote korporasie (naam weerhou) waarvan ’n familielid van Blaauw (naam weerhou) die enigste lid is, “wat wonderbaarlik die eienaar van Sarel Oberholzer se beeste geword het, in die afwesigheid van enige verkoop- of huurooreenkoms om die verandering in eienaarskap aan die beslote korporasie te bekragtig”.

Oberholzer het die Hardapstreek se polisiebeamptes geloof vir hul vinnige ondersoek en optrede na aanleiding van die Aranos-aanklagte. Hy het egter sy kommer in die verklaring uitgespreek oor die veediefstalsake wat by die veediefstal-eenheid van Keetmanshoop aanhangig gemaak is en het bygevoeg dat dit tot op hede moeilik was om enige terugvoer van die ondersoekbeamptes te kry.

Oberholzer was in 2023 in die nuus as raadslid van die beleërde maatskappy August 26 Logistics. Hy en Blaauw was voorheen sakevennote in die beesbedryf wat sedert middel verlede jaar glo versuur het.

NMH het Saterdag vir Blaauw gekontak wat alle aanklagte teen hom ten sterkste ontken het. Hy het NMH na sy regsverteenwoordiger, Louis la Grange van La Grange Legal Practitioners op Keetmanshoop verwys om nie sy saak te belemmer nie.

“Ons is besig met ’n ondersoek. Die ondersoek is sensitief in hierdie stadium. Ons sal later ’n verklaring uitreik oor dit wat teen hom hangend is,” het la Grange aan NMH gesê.

Blaauw se saak is tot 6 Maart in die Aranos-landdroshof uitgestel.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2025-02-11

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 21° Rundu: 19° | 24° Eenhana: 20° | 26° Oshakati: 21° | 28° Ruacana: 20° | 25° Tsumeb: 20° | 26° Otjiwarongo: 19° | 29° Omaruru: 21° | 33° Windhoek: 20° | 31° Gobabis: 19° | 28° Henties Bay: 19° | 23° Wind speed: 18km/h, Wind direction: W, Low tide: 09:10, High tide: 03:10, Low Tide: 21:20, High tide: 15:22 Swakopmund: 18° | 19° Wind speed: 16km/h, Wind direction: W, Low tide: 09:08, High tide: 03:08, Low Tide: 21:18, High tide: 15:20 Walvis Bay: 18° | 22° Wind speed: 18km/h, Wind direction: NW, Low tide: 09:08, High tide: 03:07, Low Tide: 21:18, High tide: 15:19 Rehoboth: 22° | 32° Mariental: 26° | 36° Keetmanshoop: 27° | 37° Aranos: 23° | 35° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 28° | 40° Oranjemund: 16° | 23° Luanda: 26° | 28° Gaborone: 19° | 27° Lubumbashi: 17° | 21° Mbabane: 17° | 25° Maseru: 14° | 28° Antananarivo: 18° | 26° Lilongwe: 19° | 26° Maputo: 21° | 30° Windhoek: 20° | 31° Cape Town: 19° | 27° Durban: 20° | 28° Johannesburg: 15° | 25° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 19° Harare: 17° | 23° Currency: GBP to NAD 22.84 | EUR to NAD 19.06 | CNY to NAD 2.53 | USD to NAD 18.48 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.29 | EGP to NAD 0.36 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.65 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.18 | RUB to NAD 0.19 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 134.91 | USD to AOA 912 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 50.4 | USD to KES 129.21 | USD to NGN 1496.41 | USD to ZAR 18.48 | USD to ZMW 28.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 87765.36 Up +0.33% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1797.5 Down -0.12% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 16348.72 Up +0.14% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 29905.41 Down -0.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 896.44/OZ DOWN -0.0073 | Copper US$ 4.53/lb DOWN -0.0284 | Zinc US$ 2 823.80/T DOWN -1.25% | Brent Crude Oil US$ 77.45/BBP UP +1.16% | Platinum US$ 1 012.94/OZ DOWN -0.0111 Sport results: Weather: Katima Mulilo: 20° | 21° Rundu: 19° | 24° Eenhana: 20° | 26° Oshakati: 21° | 28° Ruacana: 20° | 25° Tsumeb: 20° | 26° Otjiwarongo: 19° | 29° Omaruru: 21° | 33° Windhoek: 20° | 31° Gobabis: 19° | 28° Henties Bay: 19° | 23° Wind speed: 18km/h, Wind direction: W, Low tide: 09:10, High tide: 03:10, Low Tide: 21:20, High tide: 15:22 Swakopmund: 18° | 19° Wind speed: 16km/h, Wind direction: W, Low tide: 09:08, High tide: 03:08, Low Tide: 21:18, High tide: 15:20 Walvis Bay: 18° | 22° Wind speed: 18km/h, Wind direction: NW, Low tide: 09:08, High tide: 03:07, Low Tide: 21:18, High tide: 15:19 Rehoboth: 22° | 32° Mariental: 26° | 36° Keetmanshoop: 27° | 37° Aranos: 23° | 35° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 28° | 40° Oranjemund: 16° | 23° Luanda: 26° | 28° Gaborone: 19° | 27° Lubumbashi: 17° | 21° Mbabane: 17° | 25° Maseru: 14° | 28° Antananarivo: 18° | 26° Lilongwe: 19° | 26° Maputo: 21° | 30° Windhoek: 20° | 31° Cape Town: 19° | 27° Durban: 20° | 28° Johannesburg: 15° | 25° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 19° Harare: 17° | 23° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 22.84 | EUR to NAD 19.06 | CNY to NAD 2.53 | USD to NAD 18.48 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.29 | EGP to NAD 0.36 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.65 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.18 | RUB to NAD 0.19 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 134.91 | USD to AOA 912 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 50.4 | USD to KES 129.21 | USD to NGN 1496.41 | USD to ZAR 18.48 | USD to ZMW 28.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 87765.36 Up +0.33% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1797.5 Down -0.12% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 16348.72 Up +0.14% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 29905.41 Down -0.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 896.44/OZ DOWN -0.0073 | Copper US$ 4.53/lb DOWN -0.0284 | Zinc US$ 2 823.80/T DOWN -1.25% | Brent Crude Oil US$ 77.45/BBP UP +1.16% | Platinum US$ 1 012.94/OZ DOWN -0.0111