Tabel van Inhoud:
- Subskripsie Koste
- Algemene vrae
- Hoe om te registreer
- Veranderinge aan die webwerf
- Verdere verduideliking van 4-syferkode
Subskripsie Koste
Publikasie | Namibië | Internasionaal Jaarliks | ||||
---|---|---|---|---|---|---|
Maandliks | Jaarliks | Euro Digitaal | USD Digitaal | |||
Gedruk | Digitaal | Gedruk | Digitaal | |||
Republikein | 189 | 147 | 2 268 | 1 764 | 105 | 105 |
Namibian Sun | 147 | 105 | 1 764 | 1260 | 75 | 75 |
Allgemeine Zeitung | 189 | 147 | 2 268 | 1 764 | 105 | 105 |
Kombo | 450 | 250 | 5 400 | 3 000 | 250 | 250 |
Sonder Kombo | 525 | 399 | 6 300 | 4 788 | 285 | 285 |
Kombo Afslag | 14% | 37% | 14% | 37% | 12% | 12% |
Algemene Vrae
Hoe kan ek inskryf vir die Koerant?
Hoekom moet ek my selfoonnommer verskaf?
Jou selfoonnommer word gebruik in geval jy jou wagwoord vergeet.
Ek woon ver weg / op 'n plaas en kan nie die koerant elke dag koop nie. Hoe kan ek die koerant aanlyn lees?
Al wat jy hoef te doen om die koerant aanlyn te lees, is om ʼn rekening op www.my.na te registreer en ʼn opbetaalde intekenaar te word.
Wat is 'n volledige, digitale subskripsie?
Die volledige, digitale subskripsie gee jou toegang tot ons digitale weergawe. Ons het die volle koerant aanlyn in 'n digitale, deurblaaiformaat wat alle advertensies insluit.
Hoe om te registreer:
Sedert die begin van die jaar, vra ons aanlynlesers om te registreer op ons webwerf. Aan die begin was daar klein tegniese probleme wat nou uit die weg geruim is. Vir beter begrip het ons nou 'n gids wat jou registrasie vergemaklik.
Hier gaan ons!
- Jy behoort 'n venster op die skerm te sien wat soos ‘n aanhangsel lyk. Lees asseblief die inligting in hierdie venster of hier wat verduidelik waarom ons dit doen en hoe registrasie plaasvind.
- As jy nog nie geregistreer het nie, klik op "Teken in via my.na".
- Dan maak 'n nuwe venster oop. Tik asseblief jou e-posadres hier in tesame met jou gekose wagwoord (ten minste 3 letters en / of syfers).
- Volg dan die instruksies en voer die gewenste data in.
- Let wel: Onthou om jou e-pos te bevestig, anders sal jy nie in staat wees om toegang te verkry tot die webwerf nie!
- Na jou bevestiging, neem dit ongeveer 10 sekondes vir die venster om te sluit. Dan sal die aantekenvenster vanself weer oopmaak en jy kan jouself dan aanmeld deur op "Teken in via my.na" te klik (heel bo links op die webwerf). Vul jou e-posadres en wagwoord in. Aangesien jy nou geregistreer is, behoort jy die artikel van jou keuse te kan lees.
Afhangende van jou internetprogram, behoort ons jou elke keer te herken as jy die webwerf oopmaak. Dit mag egter nodig wees om jouself weer aan te meld omdat die meeste diensverskaffers vir sekuriteitsredes ten minste een maal per maand outomaties programme afskakel wat permanent loop. Onthou dus jou wagwoord of skryf dit neer.
Veranderinge aan die webwerf:
Die aanlyn aanbod vir al ons publikasies (Republikein, Namibian Sun en die Allgemeine Zeitung) verander in die nuwe jaar.Indien jy reeds ‘n intekenaar is, sal jy onmiddellik gratis toegang ontvang wanneer jy die wagwoord verskaf.
Om te sien wat presies verander het en hoe jy kan inteken, lees die volgende.
- Meld aan via my.na om die artikel te lees.
- Registrasie (nuwe lesers)
- Bestaande, geregistreerdelesers kan aanmeld deur die webwerf of my.na.
Ons wil jou graag bedank vir jou lojaliteit in 2016 en wens jou 'n voorspoedige 2017 toe.
In 2017, sal Namibië Media Holdings, waaraan Republikein, Namibian Sun en Allgemeine Zeitung behoort, 'n nuwe strategie vir die gebruik van alle webwerfkoerante implementeer. Daar sal 'n duidelike onderskeid tussen die gratis aanbod en 'n betaalde aanbod wees. Laasgenoemde begin op 1 Februarie in 'n ander vorm as voorheen en met bykomende dienste.
In die eerste plek wil ons jou vra om te registreer op die webwerf in Januarie ten einde voort te gaan om die internetuitgawe gratis te lees. 'n Ooreenstemmende nota sal op die webwerf verskyn. Registrasie vind via die NMH-publikasieportaal my.na plaas en hoef net een keer gedoen te word.
Wat verander vanaf Februarie 2017?
Wêreldwyd, asook plaaslik, moet mense toenemend betaal vir toegang tot volledige nuusberigte. Daar is 'n koste aan alle dienste verbonde. Vanaf 1 Februarie sal mense steeds die koerant gratis aanlyn kan lees, maar eers vanaf 12:00. Jy moet egter steeds registreer.
- Jy moet te alle tye met jou my.na-profiel aangemeld wees.
- Sodra jy via my.na geregistreer het, sal jy sewe (7) dae gratis toegang tot die webwerf ontvang. Persone wat reeds 'n my.na-profiel geskep het, sal steeds hierdie toegewing ontvang.
- Vanaf 1 Februarie 2017, of wanneer jou sewe (7) dae se gratis toegang verval, moet jy tussen 00:01 en 12:00 ’n opbetaalde intekenaar wees om die volledige berigte en die deurblaai-weergawe van die koerant aanlyn te lees.
- Na 12:00 (die middag) hoef jy slegs aan te meld en nie ’n opbetaalde intekenaar te wees nie.
Indien jy reeds vanaf middernag volledige toegang tot die webwerf, die deurblaai-PDF-weergawe van die koerant en alle vars nuus wil hê, bied ons die volgende opsies - Teken in op die elektroniese uitgawe via die Republikein-webwerf met die bykomende keuse van 'n tuisaflewering van die gedrukte koerant (slegs instedelike gebiede in Namibië).
- In Namibië: Koop die gedrukte koerant daagliks. Hierin is 'n viersyfer-nommerkode wat jou volledige toegang tot die webwerf sal gee.
- In Namibië: Teken in om die koerant elke dag tuis te ontvang (in stedelike gebiede).
Verdere verduideliking van die 4-syferkode
Kliek hier vir verdere verduideliking van die 4-syferkode
Ons wensu ‘n suksesvolle registrasie en aangename besoeke aan ons aanlynkoerante toe.