Van links is Lutz Wahlers, Quinn Reddig en Babette Taljaard in Mauritius. Foto Archery in Namibia (Facebook)
Van links is Lutz Wahlers, Quinn Reddig en Babette Taljaard in Mauritius. Foto Archery in Namibia (Facebook)

Afrika-eer vir Taljaard, Wahlers en Reddig

Boogskiet
Tielman Van Lill
Die Mauritius-boogskietfederasie het sy eerste Ope Afrika-boogskietkampioenskap van Vrydag tot Sondag in Phoenix aangebied, waar Namibiërs uitstekend gevaar het.

Babette Taljaard (saamgestelde boog), Quinn Reddig (terugbuigboog) en Lutz Wahlers (“barebow”-afdeling) was ná die kwalifiseringsrondes al drie eerste in hul onderskeie klasse geplaas.

Taljaard en Wahlers het Sondag beide goud verower, met Reddig wat ’n bronsmedalje opgeraap het.

Taljaard klop Carine de Chazal (Mauritius) in die finaal met 128 teen 100.

Taljaard sê: “Om ’n medalje te wen, laat dit voel dat die reis en al die rompslomp om hier te kom die moeite werd is. Ek het iets om te wys vir my harde werk.

“Wees nederig en weet dat al is jy die skut met die hoogste posisie, kan enigiets gebeur wat jou selfs laaste tydens uitdunrondes kan plaas. Fokus net op een pyl op ’n slag en moenie te veel dink nie. Laat jou onderbewussyn en liggaam sy ding doen.”

Wahlers wen in die finaal teen Ahmed Galal Eldin (Soedan) met 7-1.

Hy sê: “Die medalje self verteenwoordig die vrugte van jou arbeid. Dit dui ook vir ander aan dat jy vasbeslote is om sukses te behaal.

Die mooi van die sport is dat jy as mededingers mekaar aandurf, maar as vriende groet, maak nie saak wat die uitslag van die kompetisie is nie.

“Die geheim van sukses in Mauritius was die ondersteuning van die Namibiese span, die kameraadskap van al die deelnemers en die drink van genoeg water. Die belangrikste ding wat ek dink ek gedoen het tydens die toernooi was om dit een pyl op ’n slag aan te durf.”

Reddig het Edel Kawara (Kenia) in die kwarteindronde met 6-2 verslaan, maar in die semifinal met 6-4 teen Beatrice Lauret (Frankryk) vasgeval. Vir haar brons het sy teen Anastasia Kwok Kem Yen (Mauritius) met 6-4 geseëvier.

Reddig sê: “Ek voel trots om ’n medalje vir ons land te wen en Namibië te kan verteenwoordig. Ons is verheug omdat ons nou die vrugte van ons harde werk pluk. Die medalje is die motivering om voort te gaan en alles te gee met ’n sprankie hoop vir die toekoms.

“Moet nooit ophou baklei voordat dit verby is nie! Onthou altyd om asem te haal, en neem dit een pyl op ’n slag. Ons het ’n wonderlike ondersteuningspan gehad wat tot voordeel van die groep was. Ons het agter mekaar gestaan en mekaar opgebou. Die belangrikste is om elke sekonde in te neem en te geniet.”

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!