0-2
0-2

Afrika vergader by kunsmisberaad

Tuyeimo Haidula
Die staatshoofde en regerings van verskeie Afrikalande sal dié week in Nairobi in Kenia bymekaarkom vir vanjaar se kunsmis- en grondgesondheidsberaad (AFSH).

Dit is tydens die 37ste gewone sitting van die vergadering van die Afrika-unie-kommissie (AUC) wat in Februarie vanjaar in Ethiopië gehou is, besluit dat die beraad vanaf 7 tot 9 Mei sal plaasvind.

Die AUC het in ’n verklaring beklemtoon die hooffokus van die beraad is om die kritieke rol van kunsmis en grondgesondheid te beklemtoon om volhoubare produktiwiteitsgroei binne Afrika se landboubedryf te dryf.

Dit is aangesien Afrika se landbouproduktiwiteit vir dekades ernstig beperk is deur wydverspreide grondagteruitgang wat tot vandag toe voortduur.

Die vasteland se grond het ’n verlies aan organiese materiaal, vrugbaarheid en ’n negatiewe balans in nutriënte gely, terwyl water- en winderosie, grondversuring, verlies aan grondbiodiversiteit, grondsoutgehalte, grondbesoedeling en oorbeweiding beide uitdagings en geleenthede vir lidlande inhou, luidens die verklaring gesê.

Die beraad streef daarna om verskeie belanghebbendes bymekaar te bring, insluitend beleidmakers, wetenskaplikes, verteenwoordigers van boere-organisasies, nieregeringsorganisasies, geleerdes, entiteite vanuit die privaat sektor, burgerlike organisasies en die media.

Wanneer die beraad later vandeesweek tot ’n einde loop, sal ’n aksieplan van 10 jaar na verwagting onderskryf word, wat tasbare aanbevelings uiteensit vir aksies wat deur Afrikaleiers en -belanghebbendes oor die volgende dekade geneem moet word.

In September 2020, by die Alliansie vir ’n Groen Revolusie in Afrika, het die AUC ’n versoek gerig om ’n grondinisiatief vir Afrika (SIA) te ontwikkel as ’n ambisieuse langtermyndoelwit om die gesondheid en produktiwiteit van Afrika se grond stelselmatig te verbeter.

In ’n raamwerkdokument het die AUC verklaar dat verbeterde grondtoestande bereik sal word deur plaaslik aangepaste tegnologieë te benut, insluitend gebalanseerde en doeltreffende (anorganiese en organiese) kunsmistoediening om produktiwiteit vir alle boere te verbeter.

Dit stel verder dat in baie gevalle, kweekhuisgasse geïsoleer kan word deur beleide, programme en institusionele strukture (d.w.s. ’n doeltreffende grondbestuurstelsel vir Afrika) te implementeer wat nodig is om grondvrugbaarheid oraloor in Afrika in die toekoms te verbeter en in stand te hou.

Dit is van kritieke belang om grondgesondheid te verbeter en in stand te hou as die doelwitte, begeertes en prioriteite van Afrika-agendas (Agenda 2063, die Omvattende Afrika-landbou-ontwikkelingsprogram, die Malabo-verklaring, ens.) bereik wil word, het die AUC gesê.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-12-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 24° | 37° Rundu: 19° | 33° Eenhana: 21° | 25° Oshakati: 20° | 26° Ruacana: 21° | 27° Tsumeb: 20° | 27° Otjiwarongo: 17° | 25° Omaruru: 20° | 31° Windhoek: 19° | 27° Gobabis: 19° | 27° Henties Bay: 16° | 22° Swakopmund: 16° | 17° Walvis Bay: 16° | 22° Rehoboth: 21° | 32° Mariental: 24° | 35° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 23° | 35° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 20° | 34° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 20° | 29° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 28° Antananarivo: 13° | 32° Lilongwe: 22° | 34° Maputo: 23° | 39° Windhoek: 19° | 27° Cape Town: 18° | 22° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 16° | 24° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 22° | 35° Harare: 22° | 33° #REF! #REF!