Afrika verwerp pous se seën
Brigitte Weidlich – Katolieke biskoppe in Afrika het pous Franciscus se besluit teengestaan wat priesters toelaat om spontane, nie-liturgiese seëninge uit te spreek oor paartjies van dieselfde geslag wat God se genade in hul lewe soek, mits sulke seëninge nie met die rites en rituele van ’n huwelik verwar word nie.
“Paartjies van dieselfdegeslag sal nie in die kerke in Afrika geseën word nie,” het die biskoppe gesê.
Die Namibiese Raad van Kerke beplan om met aartsbiskop Liborius Nashenda oor die kwessie te vergader, het ’n plaaslike dagblad berig.
Die Katolieke kerk het ongeveer 480 000 geregistreerde lidmate in Namibië.
Afrika se Katolieke biskoppe het op 11 Januarie vanjaar ’n brief uitgereik, wat kardinaal Fridolin Ambongo, die president van die Simposium van die Episkopale Konferensies van Afrika en Madagaskar (SECAM) in Kinshasa, geskryf het.
Ambongo het gesê die brief is ’n opsomming van die menings van die Afrika-biskoppe in reaksie op ’n versoek wat hy op 20 Desember 2023 gestuur het.
In die brief het Ambongo gesê terwyl die biskoppe in Afrika “hul gemeenskap met Pous Franciscus ten sterkste bevestig”, glo hulle die nie-liturgiese seëninge wat in die Vatikaan se verklaring voorgestel word, nie in Afrika uitgevoer kan word sonder om hulself aan skandale bloot te stel nie.
Die Vatikaan se verklaring van 18 Desember “het ’n skokgolf in Afrika ontketen,” het Ambongo gesê.
Die brief wys, volgens die Katolieke Nuusagentskap (KNA), dat die (Katolieke) kerk vir die eerste keer op ’n hele vasteland selfdegeslag-seëninge verwerp, soos die Vatikaan voorstel.
Die konferensie vir Afrika het beklemtoon dat mense met homoseksuele neigings met respek en waardigheid behandel moet word, maar dat selfdegeslagverbintenisse “die wil van God weerspreek en daarom nie die seën van die kerk kan ontvang nie”.
“Daarom word rites en rituele as onaanvaarbaar beskou as dit die definisie van die huwelik as ’n eksklusiewe, stabiele en onoplosbare verbintenis tussen ’n man en ’n vrou wat oop is vir voortplanting kan vervaag.” – [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie