Afrika-vroue verenig om uitdagings te takel
Meer as 1 000 vroue van lande oraloor Afrika sal volgende week in Suid-Afrika bymekaarkom vir ’n vyfdaagse geleentheid wat sal fokus op die bevordering van vroue se bydraes tot die kontinentale en globale doelwitte (Global Agenda).
Sowat 16 vroue van elk van die 55 Afrikalande sal na verwagting die African Women in Dialogue (AfWID)-geleentheid tussen 27 en 31 Januarie bywoon.
“Wat hierdie beraad anders maak, is dat dit op inklusiwiteit fokus,” het die uitvoerende hoof van die Women’s Development Business Trust (WDB Trust), Riah Phiyega, vandeesweek in ’n verklaring gesê.
Die WDB Trust is in 1991 gestig om vroue en landelike gemeenskappe te bemagtig. AfWID verenig vroue oraloor Afrika en bied ’n inklusiewe platform vir vroue om strategieë te dinkskrum om die aanhoudende uitdagings te takel wat vroue op dié vasteland in die gesig staar.
“Sestig persent van die deelnemers is vroue op voetsoolvlak – vroue uit stedelike en landelike gemeenskappe, van wie baie nog nooit buite hul tuislande gereis het nie.
“Hul stemme, perspektiewe en ervarings sal die kern vorm van die dialoog, wat dit ’n werklik transformerende en verteenwoordigende gebeurtenis maak,” sê Phiyega.
Sakeleiers,staatsamptenare, entrepreneurs, aktiviste, akademici en studente sal ook die geleentheid bywoon.
Vanjaar sal die derde aflewering van AfWID wees nadat dit in 2018 en 2019 aangebied is en daarna nie kon plaasvind nie weens die Covid-19-pandemie.
“Terwyl die wêreld uitdagings soos politieke verskuiwings, klimaatsverandering, konflik, toenemende armoede, werkloosheid en ekonomiese ongelykheid in die gesig staar, sal AfWID3 die energie, innovasie en kreatiwiteit van Afrika-vroue inspan om oplossings vir ’n beter toekoms te vorm,” het Phiyega verduidelik.
Die AfWID3-agenda sluit toesprake, interaktiewe werkwinkels en netwerksessies in.
Onder die tema “Vroue se stem en krag as agente van verandering” sal die AfWID3-byeenkoms onder meer die 30ste herdenking van die Beijing-verklaring vier, wat eenparig deur 189 lande aanvaar is.
Daarbenewens sal die forum besin oor vordering wat gemaak is en wat nog bereik moet word.
“Ons beoog om vas te stel hoe Afrika-vroue gesamentlik tot die herdenking van die Beijing-verklaring kan bydra, om sodoende ’n betekenisvolle impak op hierdie wêreldforum te verseker.
“Dit gaan daaroor om die krag van kollektiewe pogings te benut terwyl ons saamwerk vir ’n beter toekoms,” het Phiyega bygevoeg.
Die hersiening van die Beijing-verklaring sal tydens die 69ste sitting van die Verenigde Nasies (VN) se Kommissie oor die Status van Vroue plaasvind. Dié sitting is geskeduleer vir 10 tot 21 Maart by die VN se hoofkantoor in New York.
“Ons herskryf die narratief van Afrika-vroue as passiewe deelnemers aan maatskaplike ontwikkeling.
“Saam sal ons die transformerende krag van vroueleierskap oor elke lewensfeer ten toon stel,” het Phiyega afgesluit.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie