Alle lewens is kosbaar
[email protected] Ek was aangenaam verras toe ek myself onlangs – wel noodgedwonge – in die Walvisbaai-staatshospitaal bevind het.
Een van my vriende het daar beland en ek het hom tydens sy lang siekbed besoek om hom te ondersteun.
Ek het opgemerk die gange is skoon, die vloere het geblink en die kamers was met nuwe beddens toegerus. Selfs die toilette was skaflik, hoewel sommige onbruikbaar was.
Daar het soms ’n paar vlieë rondgedwarrel maar ek dink die ongewenste troeteldiertjies (kokkerotte) wat daarvan hou om op ongeleë tye hul opwagting te maak en ’n groot verleentheid vir enige instansie (ook ons huise) is, was seker met vakansie, want daar was nie een in sig nie.
Ek moet ook sê die hospitaal se personeel, van sekuriteitswagte en skoonmakers tot verpleërs en dokters, was baie behulpsaam en het hulle ook goed van hul taak gekwyt.
’n Bekommernis vir my was egter die beskikbaarheid van medikasie vir gehospitaliseerde staatspasiënte.
Die dokters het voorskrifte uitgeskryf en familielede is gevra om dit dan by apteke in die dorp af te haal weens ’n gebrek aan voorraad by die hospitaal se apteek.
Luidens Jan Alleman, is dit glo weens ’n tender van N$1,3 miljard vir die verskaffing van medisyne aan die ministerie van gesondheid wat verlede jaar in die hof tersyde gestel is.
Ek het in Republikein gelees die verkrygingsprosedures is glo die rede hoekom openbare gesondheidsgeriewe al vir etlike jare reusetekorte aan medisyne ervaar.
Die berig het ook daarop gewys dat volgens die jongste ouditverslag vir die ministerie se 2022-boekjaar, is N$23 miljoen se noodaankope vir farmaseutiese produkte glo nog uitstaande nadat die ministerie sedert 2017 op die raad wag om die verkrygingsproses te finaliseer.
Wie is in beheer van sake? Wie speel met die lewens van ander en waarom laat ons dit toe?
Die situasie het glo die afgelope jare gelei tot voortdurende tekorte wat die lewens van pasiënte in gevaar stel en ek hoop uit die diepe van my hart dat diegene wat ’n verskil kan maak regtig daaraan werk om die stand van sake tot voordeel van ons pasiënte te verander.
Ek het heelwat van my mede-hospitaalbesoekers in die rye by apteke in die dorp raakgeloop wat voorskrifte vir hul gehospitaliseerde geliefdes moes gaan afhaal. Dit het my laat wonder wat word van al die pasiënte wat dit regtig nie kan bekostig nie? En ek het besef daar is baie wat eenvoudig aan die noodlot oorgelaat word.
Nog ’n probleem wat na vore getree het, of sal ons sê later opgedaag het, was die onbeskikbaarheid van ambulanse.
My vriend moes vir ’n dag wag vir ’n ambulans om hom na Windhoek te bring vir toetse want daar was glo nie ambulanse vir dié doel in die hawestad beskikbaar nie.
Die Covid-19-pandemie het ons ’n paar duur lesse geleer. Dit is met hand en tand beveg en aan die einde van die dag het dringende optrede en die beskikbaarheid van entstowwe die verskil gemaak.
Medisyne kan ’n lewe red en daarom moet die die staat die gebrek daaraan met alle erns en dringendheid takel.
– [email protected]
* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Network Media Hub (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie