Bouwerk vorder flink by Savanna Beef (Agri Monitor)

Francoise Steynberg
Beduidende vordering word by die bouperseel van Savanna Beef se vleisverwerkingsaanleg suid van Okahandja gemaak. Die toegangspad na die terrein is voltooi en konstruksie van die stoorgeboue is aan die gang. Fondasie-uitgrawings vir die slagvloer, ontbeningsaal en versendingsareas is voltooi. Die eerste staalkolomme is ook op die slagvloer opgerig. Foto's Facebook Savanna Beef Namibia

Kommentaar

Republikein 2025-04-12

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer