Briewe uit die binneland
Sou, kon en moes
Ons leef in ’n tydperk waarin ’n mens ’n avokadopeer byna dwarsdeur die jaar in Windhoek kan koop.
Tog speel die plek waar jy bly steeds ’n rol in jou daaglikse bestaan. Ek sou graag wou glo dat die keuses wat ek elke dag maak die gevolg is van my persoonlike bloudruk, maar die geografiese kolletjie op die kaart waar ek my bevind, speel ’n samoe(r)sa groot rol.
Ek kan byvoorbeeld nie onthou of ek al ooit in my lewe so warm gekry het soos hierdie somer nie. En dan kyk ek en manlief na die temperatuur in Toronto waar een van ons kinders woon, en ons sien hulle op skype – toegepak in klere. Ek kyk verlangend na die sneeu, en skoondogter sê dat dit nooit vir haar té warm kan wees nie. . .
Maar watter rol speel taal in my gewaarwordinge? Of dan sekere woorde in ’n taal? In Afrikaans gee die woorde “sou”, “moes” of “wou” dikwels aanleiding tot neerslagtige gevoelens. Ek moes nou eintlik op Swakop gewees het. Daar’s ten minste die ou seewindjie wat ’n mens afkoel.
Infiltreer hierdie sou-moes-gedagtes ’n mens se siening heel subtiel, en skep dit ’n (valse) realiteit wat ’n smaak van ontevredenheid in die mond nalaat? Ontevredenheid oor iets wat nie klop met die realiteit nie? Die boodskap wat jy vir jouself deurgee, se taalkundige struktuur is ongeveer konstant. Hierdie [vul dit self in] sou tog anders moes gewees het – iets anders as wat dit nou is. En dit gebeur as ek my in ’n situasie bevind wat nie vir my lekker is nie.
“Sou moes” is werkwoorde wat ’n onwerklikheid of ’n onwaarskynlikheid uitsê (vir my: om op hierdie oomblik die hitte te ontvlug). Ek bly daarteen baklei, dit skep meer frustrasie, en daarby ’n emosionele stryd wat kon gebly het as ek net eenvoudig iets aan my realiteit doen om dit daar en dan tog beter te maak. Soos om vir ’n oomblik op te staan, my arms van my lyf af op te lig – soos voëls soms hulle vlerke oplig, ’n glas water te drink, en van my klere ontslae te raak – as ek kan! My realiteit móét eenvoudig draagliker word as ek ophou om daarteen te baklei. Baklei maak ook warm.
Sou ek op dié manier kan klaarspeel met die valse geloof in my kop dat ek bedrieg word uit ’n werklikheid wat my eintlik sou moes toekom? Dit wil dan tog lyk asof die ergste negatiewe ervarings geskep word deur my stryd teen die realiteit, en nie soseer die realiteit self nie. Om van my “sou moes”-verhaal afstand te doen is nie speletjies nie. Is ek dalk gekondisioneer om te glo dat as ek die geveg teen ’n realiteit wat ek nie wil hê nie opgee, ek toelaat dat hierdie ongewenste werklikheid voortaan my lot sal wees? Flip, nee! Dit is nie vir my nie.
Maar wat beteken aanvaarding dan? Ek soek dit op: Dit beteken om iets (gewoonlik ’n minder gewenste omstandigheid) in ontvangs te neem, om toe te gee dat jy die risiko sal loop. Dat jy sal ONTSPAN oor die verset wat jy aanvanklik in jou omgedra het.
Die Nederlandse acceptatie (of aanvaarding) word in ENCYCLO.NL gekoppel aan ’n gevoel van waardigheid wat sentraal staan in jou benadering. Dit beteken nie dat jy passief staan teenoor jou situasie nie, maar dat jy bloot die situasie waarin jy jou nou bevind, erken. En dit gee aanleiding tot twee belangrike prosesse: die verwerking van inligting (Ja, dis vrekwarm), én die formulering van ’n besluit (ek gaan nou sonder ’n draad klere op die bed lê – as ek kan; anders loop drink maar daai glas water).
Poep teen die donderweer: tog ’n diep idioom. En dit is nou juis wat ek nié hoef te doen nie. Donderweer spel buitendien reën vir ons Namibiërs. En dan word dit koeler.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie