Die Trans-Kalahari grenspos word opgegradeer om beter voorsiening te maak vir die passasiers wat Namibië vanaf Botswana binnekom.
Foto i2.esplor.io
Die Trans-Kalahari grenspos word opgegradeer om beter voorsiening te maak vir die passasiers wat Namibië vanaf Botswana binnekom. Foto i2.esplor.io

Buitepos van volgende maand eenstop-grenspos

Augetto Graig
“Ons is bly om aan te kondig dat daar wel beduidende vordering gemaak is met die implementering van die eenstop-grenspos (OSBP) by die Trans-Kalahari/Mamuno grensposte.”

So sê Yarukeekuro Ndorokaze, die hoof van strategiese kommunikasie- en ondersteuningsdienste by die Namibië Inkomste-agentskap (NamRA).

Die nuwe fasiliteit by die Buitepos sal na verwagting in Augustus operasioneel wees.

“Die OSBP by die Trans-Kalahari/Mamuno-grensposte sal die eerste vir Namibië wees,” het hy gesê.

’n Nuwe kommersiële terminaal, kantoorblok en verbypaaie is by die Trans-Kalahari-grenspos vir die OSBP gebou, terwyl die bestaande gebou opgegradeer is om voorsiening te maak vir mense wat Namibië vanaf Botswana binnekom,” volgens Ndorokaze.

By die Mamuno-grenspos in Botswana is draagbare strukture opgerig om die gekonsolideerde grensprosedure wat grensagentskappe van Botswana en Namibië betrek, te vergemaklik.

Die bestaande gebou sal in die komende maande in ’n uitgebreide permanente terminaal ontwikkel word, sê hy.

Namibië en Botswana se ministers van finansies sal na verwagting ooreenkom oor die datum waarop die inisiatief bekend gestel sal word, tesame met die aanstelling van die gasheer van die bekendstellingsgeleentheid, het hy verduidelik.

“Die OSBP is ’n strategiese inisiatief wat daarop gemik is om grensbedrywighede vaartbelyn te maak deur aktiwiteite, soos doeane, immigrasie en ander regulatoriese beheermaatreëls, in ’n enkele plek te konsolideer.”

Namibië en Zambië het verlede maand ’n bilaterale ooreenkoms onderteken om ’n OSBP by die Katima Mulilo-grenspos te vestig.

“Die Katima OSBP behoort volgende te wees gebaseer op die ooreenkoms wat verlede maand onderteken is,” het Ndorokaze gesê.

“OSBP’s is die samewerking tussen buurlande en is dus ’n funksie van ooreenkomste tussen die betrokke lande.”

Ander grensposte kan ook oorweeg word en sal onderhewig aan ooreenkomste tussen die betrokke lande wees, het hy bygevoeg. – [email protected]

Kommentaar

Republikein 2025-01-07

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 26° Rundu: 19° | 30° Eenhana: 21° | 32° Oshakati: 23° | 29° Ruacana: 18° | 33° Tsumeb: 21° | 31° Otjiwarongo: 19° | 31° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 20° | 30° Gobabis: 21° | 31° Henties Bay: 16° | 20° Swakopmund: 16° | 18° Walvis Bay: 17° | 21° Rehoboth: 21° | 31° Mariental: 20° | 33° Keetmanshoop: 16° | 32° Aranos: 21° | 32° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 15° | 32° Oranjemund: 14° | 23° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 20° | 28° Lubumbashi: 16° | 27° Mbabane: 19° | 25° Maseru: 15° | 30° Antananarivo: 16° | 31° Lilongwe: 18° | 29° Maputo: 24° | 34° Windhoek: 20° | 30° Cape Town: 19° | 23° Durban: 20° | 24° Johannesburg: 17° | 29° Dar es Salaam: 25° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 17° | 24° #REF! #REF!