BYBELSE WYSHEID
DR. ANNES NEL
1 Petrus 4:4 Nou vind die heidene dit vreemd dat julle nie langer met hierdie stroom van losbandigheid saamgaan nie, en hulle beswadder julle.
Die grens tussen Christene en nie Christene het vervaag. Is ’n mens wat Christelike “waardes” het of Christelike “oortuigings” het, noodwendig ’n Christen? As iemand aan ʼn kerk behoort, beteken dit dat hy of sy ʼn Christen is?
Petrus se lesers is dikwels deur hulle gemeenskap bespot en eenkant toe geskuif is (4:4). Hoekom? Omdat hulle Christene was. Hoe het mense dit geweet? Hulle was anders as die res van die bevolking. Hulle lewe het dit gewys. Voorheen was hulle heidene (4:3). Nou staan hulle lewenswyse uit (4:4). Hulle loop nie saam met die stroom nie. John H Elliot skryf dat wanneer ons met die sonde breek, beteken dit nie net om afstand te doen van sondige menslike begeertes nie, maar ook van die gemeenskap met die sondaars.
Die Psalmdigter praat ook van hierdie andersheid. Dis wanneer mense nie meer met die stroom van die losbandiges, goddeloses en spotters saamgaan nie, maar in God se Woord geplant is (Psalm 1).
Ek wonder of dit nog die geval is. Is ons lewe so anders dat dit nog ʼn verskil maak? Staan ons so uit dat mense kan sien ons is Christene? Of word ons deesdae eerder beswadder en beskinder omdat ons voorgee dat ons Christene is, maar nie so lewe nie?
Gees van God, maak ons anders as die wêreld, in Jesus se Naam. Amen.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie