Bybelse wysheid
Bybelse wysheid

BYBELSE WYSHEID

Mandy Rittmann
DR. ANNES NEL



Spreuke 26:27: Wie ’n gat vir ’n ander grawe, val self daarin; die klippe wat hy gooi, sal na hom toe terugkom. Jare gelede het my kollega per ongeluk in ’n graf geval by ’n begrafnis. Sy val was ’n onverwagse humoristiese oomblik tydens ’n andersins hartseer geleentheid.



Dit is nie net die grafgrawers wat gate grawe nie. Dit is nie net dooie mense wat in hierdie gate beland nie. Die digter waarsku teen mense wat op konflik floreer (26:17,20-21). Hierdie mense is hanteerbaar, maar ’n meer uitgeslape groep bestaan: tweegesig mense (26:23-26). Voor jou is hulle vriendelik, maar is iemand anders agter jou rug. Mense geniet gereeld hulle skinderpraatjies (26:22). As dit iets is wat jy self doen, dink aan die skade wat jy aanrig. God is teen sulke gedrag. Jy woon in ’n glashuis. Hou in gedagte dat jy baie maklik in die gat kan beland wat jy vir ander mense grawe (26:27). Gees van God, bevry my van die drang om ander skade aan te doen, in Jesus se naam. Amen.



Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!