BYBELSE WYSHEID
DR. ANNES NEL
Lukas 4:21: Vandag is hierdie Skrifwoord wat julle nou net gehoor het, vervul. Die Mahatma Gandhi het eenkeer gesê dat as Christene werklik hulle geloof uitleef, daar nie ’n enkele Hindoe in Indië oor sou wees nie.
In Lukas se evangelie konfronteer Jesus, gevul met die Heilige Gees, die bose en openbaar God se visie vir 'n gebroke wêreld. Sy bediening het het die fisiese en geestelike behoeftes van mense aangespreek. Hy het demone met gesag in Kapernaum uitgedryf (4:31-36), melaatses, verlamdes en blindes genees, hongeriges gevoed, ’n meisie uit die dood opgewek en vergifnis geskenk aan ’n vrou wat sy voete gewas het (Luk 7) en Saggeus, die tollenaar (Luk 19). Dwarsdeur die Bybel sien ons God se besorgdheid vir lydendes (Ps 146:7; 145:14).
Sien jy God se hart? Dis vrygewig en gee om vir mense in nood. Jesus het dit vir jou en vir die wêreld om jou gedoen. Hy bring volkome bevryding.
As ons dit begryp, sal ons beweeg word om te help wanneer ons ander in nood sien. Moeder Teresa het gesê: Om gelukkig met God te lewe, veronderstel sekere dinge: om lief te hê soos Hy liefhet; om te gee soos Hy gee; om te help soos Hy help; om te red soos Hy red; om 24 uur per dag in sy teenwoordigheid te lewe; om Hom aan te raak in die armes en die lydendes...
Here, help my tot aksie oor te gaan in ’n wêreld vol nood en pyn. Amen.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie