No Image Caption

Bybelse wysheid

DR. ANNES NEL



Habakuk 2:14: “Soos waters die seebodem bedek, so sal die magtige teenwoordigheid van die Here oral op die aarde geken word.”



Dit is ietwat vreemd dat die kerk sê Jesus is die Here terwyl baie mense en wêreldleiers optree asof hulle in beheer is. Ons belydenis is ’n geloofsaak, nie iets wat ons oral rondom ons sien nie.



Die profeet hoor van God dat dit sal verander. Mense wat spog oor hulle mag, sal die gevolge dra. Die grootheid van Babel sal verdwyn. Hulle het rykdom ten koste van ander versamel (2:9) en sal skaam voel oor die rampe wat hulle eie mense gaan tref. Mense wat hul mag wou uitbrei deur ander te vernietig se ruimte sal egter krimp en hul lewens sal eindig (1:10). Alles wat hulle gebou het, sal tot niet gaan (2:13). Hulle het ander met harde arbeid gestraf. Hulle toestande is so verskriklik gemaak dat dit amper soos moord was (2:12). Al hul pogings om naam te maak en mag te verkry, sal uiteindelik misluk (1:13). God se teenwoordigheid sal die aarde vul (2:14).



God is in beheer. Nie almal sien dit nou nie. Dit sal egter verander. Eendag sal elke knie buig en elke tong bely dat Jesus Christus die Here is (Filippense 2:10, 11).



Kom bely dit saam met my!



Kommentaar

Republikein 2025-02-21

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer