Charles, Paulinus voor titeltoets

Boks
Tielman Van Lill
Die MTC Nestor Sunshine Tobias-boksakademie beoog om die naweek Ongwediva goed op horings te neem wanneer die Together as One Part 10-boksaand daar aangebied word.

Tobias beloof topklas aksie met elf gevegte, insluitend een vir die nasionale weltergewigtitel. Twee Namibiërs vcerdedig ook hul Afrika-gordels van die Wêreldboksorganisasie (WBO).

In die hoofvoorgeveg verdedig Charles “Super Shine” Shinima sy Afrika-weltergewigkroon teen Idd Pialari van Bagamoyo, Tanzanië.

Die 29-jarige Pialari is ’n gesoute kryger met 40 gevegte agter die rug. Hy het 21 van sy 31 oorwinnings met uitklophoue beklink, agt keer verloor en een keer gelykop geboks.

Volgens inligting moes hy maar 16 gewees het toe hy sy professionele debuut op 20 September 2009 in Tanzanië gemaak het. Pialari het al in Singapoer, Turkye, Suid-Afrika en drie keer in Rusland geboks.

Hy het egter elk van sy ses gevegte in die buiteland verloor.

Pilari was al die Universele Boksorganisasie (UBO) en die Wêreldboksfederasie (WBF) se Afrika-weltergewigkampioen en die UBO se internasionale titelhouer.

In sy poging om die WBO se Asiatiese superliggewigkroon in Rusland teen Adlan Abdurashidov te wen, het hy met ’n eenparige puntebeslissing verloor.

In vergelyking hiermee lyk Shinima (31) met 16 gevegte (16 gewen) ietwat onervare. Maar Super Shine het sy Afrika-titel op 16 Oktober 2021 in die hoofstad gewen en dit drie keer suksesvol verdedig.

Shinima is die 14de aanspraakmaker op Terence Crawford se WBO-wêreldtitel.

DODELIKE DINAMIET

Paulinus “John John” Ndjolonimus (35) sal in die hoofgeveg moontlik sy eerste behoorlike toets teen Joseph Maigisiya van Tanzanië skryf. Ndjolonimus het tot dusver nie veel teenstand in sy opmars ondervind nie.

John John het sedert sy professionele buiging reeds 16 gevegte beklink, waarvan 14 met uitklophoue. Hy beskik oor dodelike plofstof in sy vuiste. Ndjolonimus het sy Afrika-supermiddelgewiggordel op 10 April 2021 opgeraap en dit drie keer met sukses in Namibië verdedig.

Oor Maigisiya is nie veel bekend nie. Hy het wel elf van sy 12 gevegte gewen en een verloor.

John John word tans agtste deur die WBO op sy wêreldranglys aangedui, terwyl Maigisiya nêrens verskyn nie.

SATERDAG SE PROGRAM

Al die boksers in van Namibië tensy anders aangedui.

1 Veergewig, 4 rondes: Fredrick Nghutunanye (7 gewen, 0 verloor) teen Nelomba Josua (1–0).

2 Weltergewigg, 4 rondes: Johannes Frela (1 gewen, 1 gelykop) tn Stefanus Kakololo Josua (0-1).

3 Veergewig, 6 rondes: Sem Matheus (6-3-2) tn Shikukutu Jonas (4-2-2).

4 Superkapokgewig, 6 rondes: Andreas Mwenyo (11-1-1) tn Shonena Paulus (3-4-2).

5 Veergewig, 6 rondes: Immanuel Jason (4-4) tn Linekela Nghifindaka (3-1).

6 Supermiddelgewig, 6 rondes: Andreas Shikongo (3-4) tn Hihangwa Joseph (6-2-3-1).

7 Kapokgewig, 6 rondes: Nestor Thomas (8-0) tn Matheus Nghikevali (1-3-1).

8 Junior weltergewig, 6 rondes: Paulus Amavila (9-0-1) tn Andreas Nghinaunye (3-4-2).

9 Nasionale weltergewigtitel, 10 rondes: Immanuel Mungadjela (21-16-4-1) tn Hedison Nghipondoka (15-6).

10 WBO Afrika-weltergewigtitel, 12 rondes: Charles Shinima (16-0) tn Idd Pialari (Tanzanië, 31-8-1).

11 Internasionale WBO-supermiddelgewigtitel, 12 rondes: Paulinus Ndjolonimus (16-0) tn Joseph Maigisiya (Tanzanië, 11-1).

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-15

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 31° Rundu: 20° | 34° Eenhana: 21° | 34° Oshakati: 23° | 33° Ruacana: 20° | 30° Tsumeb: 21° | 33° Otjiwarongo: 20° | 31° Omaruru: 25° | 34° Windhoek: 20° | 31° Gobabis: 21° | 33° Henties Bay: 16° | 24° Swakopmund: 16° | 17° Walvis Bay: 16° | 23° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 22° | 38° Aranos: 23° | 36° Lüderitz: 16° | 28° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 20° | 34° Lubumbashi: 18° | 33° Mbabane: 16° | 31° Maseru: 14° | 30° Antananarivo: 13° | 32° Lilongwe: 19° | 32° Maputo: 19° | 33° Windhoek: 20° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 27° Johannesburg: 16° | 29° Dar es Salaam: 25° | 31° Lusaka: 19° | 29° Harare: 16° | 26° #REF! #REF!