Cunene en Khomas smee sterker bande
Die goewerneur van die Khomasstreek, Laura McLeod-Katjirua, en die goewerneur van die Cunene-provinsie in Angola, Gerdine Didalelwa, het onlangs saam met ’n afvaardiging bestaande uit Namibiërs en Angolese besoekers die Ongosvallei-behuisingsprojek by Havana in Katutura besoek.
Dit nadat die twee goewerneurs namens hul onderskeie streke ’n ooreenkoms aangegaan het om saam te werk in landbou, gesondheid, onderwys en sanitasie.
Dié groep het ook onder meer die Onafhanklikheidsmuseum, die Universiteit van Namibië se skool vir geneeskunde, die Hoërskool Havana en die landelike boere-, sanitasie- en waterprojekte van die Khomas-streekraad besoek.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie