Marèn de Klerk Foto argief
Marèn de Klerk Foto argief

De Klerk se uitlewering (vir nou) op ys

Aansoek word teruggetrek
Die proses om een ​​van die Fishrot-beskuldigdes van Suid-Afrika uit te lewer om in Namibië verhoor te word, is verlede week tot stilstand geruk.
Kristien Kruger
Die uitlewering van Marén de Klerk is vir eers op versoek van Suid-Afrikaanse owerhede laat vaar.

Hoewel De Klerk se uitleweringsaansoek teruggetrek is, verseker die Namibiese aanklaer-generaal, Martha Imalwa, dat dit nie die einde van die saak is nie.

De Klerk, ’n voormalige prokureur, het reeds in Januarie 2020 landuit gevlug nadat sy moontlike betrokkenheid by die Fishrot-skandaal onthul is. Hy is daarna deur die Namibiese regering gesoek in verband met aanklagte van korrupsie, bedrog, diefstal en geldwassery.

Hy word daarvan beskuldig dat hy sy trustrekening gebruik het vir die verspreiding van winste wat glo uit dié beweerde onwettige bedrywighede voortspruit en verband hou met verskeie rekeninge in die Fishrot-korrupsieverhoor.

Die Paarl-landdroshof het in Februarie 2022 ’n lasbrief vir sy inhegtenisneming uitgereik en hy is in Junie verlede jaar in die Paarl in hegtenis geneem. Borgtog van N$50 000 is kort daarna aan hom toegestaan ​​en dié bedrag is onlangs aan hom terugbetaal.

Ná De Klerk se inhegtenisneming het sy uitleweringsverhoor begin wat deur die Suid-Afrikaanse Nasionale Vervolgingsgesag (NPS) hanteer is. Dié saak is intussen verskeie kere uitgestel en sou verlede week in die Paarl-landdroshof hervat het.

Twee Namibiese staatsaanklaers, Cliff Lutibezi en Timotheus Itula, het op versoek van die kantoor van die prokureur-generaal na Suid-Afrika gereis om die verrigtinge by te woon.

TERUGGETREK

Die saak is glo teruggetrek op grond van ’n hooggeregshofuitspraak wat in Suid-Afrika gelewer is wat bevind het ’n land se ministerie van justisie moet uitleweringsversoeke bring en nie die aanklaer-generaal soos in De Klerk se geval nie. Die saak is dus teruggetrek omdat die korrekte plaaslike prosedures nie gevolg is nie.

Die Suid-Afrikaanse staatsaanklaer het dus die terugtrekking bewerkstellig. Volgens Imalwa is hulle egter steeds in kommunikasie met die owerhede in Suid-Afrika oor die pad vorentoe.

‘ONSKULDIG’

De Klerk het in die verlede in hofstukke wat in ander hofsake ingedien is, aangevoer dat hy onskuldig is.

“Ek ontken ten sterkste dat ek hoegenaamd deel was van kriminele aktiwiteite en wil beklemtoon dat ek net opdragte uitgevoer het,” beweer De Klerk.

Hy voer aan hy het slegs die instruksies van die voormalige prokureur-generaal en nou Fishrot-beskuldigde, Sacky Shanghala, en sy vennoot en nou medebeskuldigde, James Hatuikulipi, gevolg.

“In Mei 2017 het ek as regspraktisyn van die prokureur-generaal opdrag gekry om die Swapo-verkiesingsveldtog te bestuur. Ek het geen rede gehad om die wettigheid van die instruksies te bevraagteken nie. Op grond van dié opdragte het ek geld van verskeie maatskappye ontvang, wat ek dan aan sekere individue en entiteite oorbetaal het,” lui ’n verklaring van De Klerk.

Voor De Klerk verlede jaar vasgetrek en in hegtenis geneem is, het hy beweer hy het die afgelope drie jaar vir sy lewe gevrees.

“Daar was aanduidings dat mense na my gesoek het en hulle was nie Suid-Afrikaanse polisiebeamptes nie, maar eerder skelm agente wat gestuur is om my óf te ontvoer óf dood te maak om te verhoed dat ek enige van die bewyse in my besit bekend maak, of in die Fishrot-saak getuig,” het hy in ’n verklaring gesê.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-06-28

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 10° | 28° Rundu: 9° | 28° Eenhana: 11° | 29° Oshakati: 11° | 28° Ruacana: 12° | 29° Tsumeb: 12° | 25° Otjiwarongo: 9° | 24° Omaruru: 10° | 26° Windhoek: 7° | 21° Gobabis: 10° | 22° Henties Bay: 15° | 23° Wind speed: 16km/h, Wind direction: NW, Low tide: 02:11, High tide: 08:23, Low Tide: 14:17, High tide: 20:55 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 22km/h, Wind direction: N, Low tide: 02:09, High tide: 08:21, Low Tide: 14:15, High tide: 20:53 Walvis Bay: 16° | 23° Wind speed: 22km/h, Wind direction: N, Low tide: 02:09, High tide: 08:20, Low Tide: 14:15, High tide: 20:52 Rehoboth: 9° | 23° Mariental: 11° | 25° Keetmanshoop: 14° | 25° Aranos: 10° | 25° Lüderitz: 16° | 24° Ariamsvlei: 13° | 26° Oranjemund: 16° | 25° Luanda: 21° | 23° Gaborone: 9° | 21° Lubumbashi: 9° | 26° Mbabane: 9° | 21° Maseru: 5° | 15° Antananarivo: 5° | 19° Lilongwe: 12° | 24° Maputo: 16° | 26° Windhoek: 7° | 21° Cape Town: 16° | 20° Durban: 14° | 23° Johannesburg: 9° | 17° Dar es Salaam: 21° | 29° Lusaka: 11° | 24° Harare: 9° | 21° Currency: GBP to NAD 22.98 | EUR to NAD 19.5 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.23 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.29 | EGP to NAD 0.37 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.75 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.26 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.26 | USD to AOA 853.63 | USD to BWP 13.67 | USD to EGP 47.98 | USD to KES 128.73 | USD to NGN 1512.73 | USD to ZAR 18.24 | USD to ZMW 24 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1764.53 Down -0.97% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13318.19 Down -0.28% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27766.27 Up +0.97% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 331.87/OZ UP +0.18% | Copper US$ 4.40/lb UP +1.20% | Zinc US$ 2 967.50/T UP 0.88% | Brent Crude Oil US$ 85.35/BBP DOWN -0.0097 | Platinum US$ 1 003.21/OZ UP +1.24% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 10° | 28° Rundu: 9° | 28° Eenhana: 11° | 29° Oshakati: 11° | 28° Ruacana: 12° | 29° Tsumeb: 12° | 25° Otjiwarongo: 9° | 24° Omaruru: 10° | 26° Windhoek: 7° | 21° Gobabis: 10° | 22° Henties Bay: 15° | 23° Wind speed: 16km/h, Wind direction: NW, Low tide: 02:11, High tide: 08:23, Low Tide: 14:17, High tide: 20:55 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 22km/h, Wind direction: N, Low tide: 02:09, High tide: 08:21, Low Tide: 14:15, High tide: 20:53 Walvis Bay: 16° | 23° Wind speed: 22km/h, Wind direction: N, Low tide: 02:09, High tide: 08:20, Low Tide: 14:15, High tide: 20:52 Rehoboth: 9° | 23° Mariental: 11° | 25° Keetmanshoop: 14° | 25° Aranos: 10° | 25° Lüderitz: 16° | 24° Ariamsvlei: 13° | 26° Oranjemund: 16° | 25° Luanda: 21° | 23° Gaborone: 9° | 21° Lubumbashi: 9° | 26° Mbabane: 9° | 21° Maseru: 5° | 15° Antananarivo: 5° | 19° Lilongwe: 12° | 24° Maputo: 16° | 26° Windhoek: 7° | 21° Cape Town: 16° | 20° Durban: 14° | 23° Johannesburg: 9° | 17° Dar es Salaam: 21° | 29° Lusaka: 11° | 24° Harare: 9° | 21° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 22.98 | EUR to NAD 19.5 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.23 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.29 | EGP to NAD 0.37 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.75 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.26 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.26 | USD to AOA 853.63 | USD to BWP 13.67 | USD to EGP 47.98 | USD to KES 128.73 | USD to NGN 1512.73 | USD to ZAR 18.24 | USD to ZMW 24 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1764.53 Down -0.97% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13318.19 Down -0.28% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27766.27 Up +0.97% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 331.87/OZ UP +0.18% | Copper US$ 4.40/lb UP +1.20% | Zinc US$ 2 967.50/T UP 0.88% | Brent Crude Oil US$ 85.35/BBP DOWN -0.0097 | Platinum US$ 1 003.21/OZ UP +1.24%